Leesplan inligting

God se Genade Voorbeeld

The Grace of God

DAG 3 VAN 5

Genade en …



Regdeur die Bybel sal jy frases kry soos “waarheid en liefde” en “vrede en hoop”. Hulle vorm dikwels deel van 'n begroeting of seëning. Die woorde wysheid, waarheid, vrede en barmhartigheid word ook met genade in menige verse gekombineer. Dit is mooi en kragtig wanneer woorde as 'n eenheid saamwerk. Ons gaan drie sulke gekombineerde woorde ondersoek — genade en waarheid, genade en vrede, en genade en barmhartigheid.  



Genade en Waarheid 

Johannes 1 begin anders as die ander evangelies, Matteus, Markus en Lukas. Die skrywer vertel ons dat in die begin was “die Woord” en dat hierdie “Woord” nie net by God was nie, maar dat Hy self God was. Johannes 1:14 gaan verder en sê Hy het mens geword en “onder ons kom woon.” en dat die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid is. Later lees ons dat God die wet deur Moses gegee het, maar die genade en waarheid het deur Jesus gekom. Jesus is vol liefderyke barmhartigheid en guns, ten volle waarheid, glad nie bedrieglik nie. Sy genade en waarheid is in gelyke dele. Hulle werk as 'n eenheid saam — genade red en die waarheid spreek vry. Dit is genade en waarheid, nie andersom nie. Die waarheid moet ons hervorm sodat ons genade ten volle kan verstaan. Die uitdrukking van genade en waarheid moet ons lei hoe om te lewe en hoe om met ander om te gaan.



Genade en Vrede

Die frase “genade en vrede” kom meer as twaalf keer in die Nuwe Testament voor. Dit word dikwels as 'n begroeting in die eerste hoofstuk van 'n boek gebruik. Soos ons geleer het, ontvang volgelinge van Jesus onverdiende seëninge deur die genade van God. Vrede is een van hierdie seëninge. Hierdie vrede — in Grieks, eirene — verwys na die rustige toestand waarin ons siele verkeer as gevolg van ons verlossing deur Christus. Ons kan vrede soek, maar sonder God se genade sal ons dit nooit ontvang nie. Totdat ons deur genade gered word en hierdie onverdiende geskenk ontvang, sal ons nie God se vrede kan beleef nie. Genade kom dus eerste, dan vrede. Dit beteken wanneer ons Jesus aanneem en gered word, word hierdie onverklaarbare, oneindige en onblusbare vrede van God ons s'n. Dit is wonderlike nuus! 



Genade en Barmhartigheid

Is daar 'n verskil tussen genade en barmhartigheid? Hierdie terme word dikwels as sinonieme gebruik, en alhoewel hulle eenders is, is hulle verskillend. Dink so daaraan: genade is wanneer jy iets goeds ontvang wat jy nie verdien nie. Barmhartigheid is wanneer jy nie die slegte ontvang wat jy wel verdien nie. Deur God se barmhartigheid word Jesus se volgelinge gered van die dood en deur sy genade kry ons die ewige lewe. Die goeie nuus is dat God albei vrygewig uitdeel!


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Grace of God

Die genade van God is 'n nimmereindigende voorsiening van sy guns, liefde en vriendelikheid aan ons. Al het ons niks gedoen om dit te verdien nie, is dit deur Jesus aan die hele wêreld beskikbaar. Ons almal het God se ge...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid