Leesplan inligting

God se Genade Voorbeeld

The Grace of God

DAG 2 VAN 5

Verhale van Genade 



Genade is die kern van God se verhaal. Kom ons kyk na drie van die vele verhale in die Bybel oor genade.



Die Vrou by die Fontein

In Johannes 4 het Jesus 'n ontmoeting gehad met 'n Samaritaanse vrou wat water gaan skep het. Sy was verbaas toe Hy vir haar water vra om te drink — Hy was 'n Jood en die Jode en Samaritane het geen omgang met mekaar gehad nie. Hy het haar vertel van die lewende water wat Hy aan haar kan gee sodat sy nie weer dors sal kry nie. Hy stuur haar egter om eers haar man te gaan haal, waarop sy antwoord dat sy nie een het nie. Jesus het geweet sy het reeds vyf mans gehad, insluitende die man saam met wie sy toe gebly het. Hierdie vrou was dus nie 'n voorbeeld van sedelikheid in die gemeenskap nie, tog het Jesus haar ontmoet waar sy was en vir haar iets aangebied wat haar lewe sou verander. 



Petrus Verloën vir Jesus

Iets het in Petrus se lewe plaasgevind wat ons nooit sou voorspel nie. Jesus het geweet dat Petrus — die eerste dissipel wat Hy geroep het — Hom eendag sou verloën. Kort nadat Jesus in hegtenis geneem is, het Petrus probeer wegkruip, maar is tog herken. Na Petrus Jesus vir die derde keer ontken het, het die haan gekraai, waarna Petrus buitentoe gegaan en bitterlik gehuil het. Ons weet nie wat gebeur het tussen sy verloëning en die oggend toe hy hoor dat Jesus lewe en hy na die graf toe gehardloop het nie, maar iets moes gebeur het. Later in Johannes 21, sien ons dat Jesus drie keer vir Petrus vra om te bevestig dat hy Hom liefhet en hom daarna weer in sy posisie herstel. 



Die Misdadiger aan die Kruis

In Lukas 23 is 'n kort gesprek aangeteken tussen Jesus en die twee misdadigers terwyl hulle elkeen aan hul kruise gehang het. Die een misdadiger was bitter, lasterlik en het nie in Jesus geglo nie. Die ander een het geweet hy verdien die dood, maar nie Jesus nie. Hy het vir Jesus gevra om aan hom te dink wanneer Hy in sy koninkryk kom. Jesus het hom verseker dat hy dieselfde dag saam met Hom in die paradys sou wees — wat 'n verstommende vrede aan die misdadiger sou verskaf. 



Wanneer ons aan hierdie drie gebeurtenisse in die Bybel dink, is dit dalk makliker vir ons om te verstaan dat Jesus die vrou by die fontein en Petrus genadig was. Dit klink darem erg om iemand weens egbreuk dood te maak, nie waar nie? Alhoewel Petrus vir Jesus verloën het, het hy tog soveel goeie dade vir Jesus gedoen. Wat egter van die misdadiger aan die kruis? Dis waarskynlik die beste voorbeeld van hoe genade lyk. Jesus sê op daardie oomblik vir hom — die heel laaste oomblik — dat hy daardie selfde dag saam met Jesus in die paradys sou wees. Dit is vir ons moeilik om so 'n diepgaande gebaar van genade te verstaan.  



Dit is die wese van God se genade in ons lewens. Terwyl ons nog sondaars was, het Christus vir ons gesterwe. Ons hoef nie alles eers reg te doen nie. Hy wil net hê dat ons na Hom moet kom, net soos ons is. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Grace of God

Die genade van God is 'n nimmereindigende voorsiening van sy guns, liefde en vriendelikheid aan ons. Al het ons niks gedoen om dit te verdien nie, is dit deur Jesus aan die hele wêreld beskikbaar. Ons almal het God se ge...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid