Leesplan inligting

10 Stappe Na Vryheid Van SkuldVoorbeeld

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

DAG 9 VAN 10




Dag 9 – Begin ’n noodfonds


Teen dié tyd het jy jou leefstyl vereenvoudig en ’n begroting opgestel, nou is dit tyd om geld opsy te sit vir die onverwagte gebeurtenisse van die lewe. 


Die volgende stap is om ’n noodfonds te begin. Dit is dood eenvoudig geld wat eenkant gesit word vir ’n noodgeval. Hierdie geld word nie belê met die doel om rente te verdien nie, ’n noodfonds is om geld veilig te bewaar sodat jy dit onmiddellik kan onttrek indien nodig. 


In die boek Spreuke 6:6-8 leer die Here ons om met wysheid om te tree as dit by geld kom, daar staan: “Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys! Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.”


In hierdie lewe gaan ons winter seisoene kry. Dit gaan reën, en jy het ’n dak nodig. Onvoorsiene probleme gaan kom, jy moet voorbereid wees. Daarom is dit belangrik om geld in ’n rekening te hê vir hierdie onvoorsiene uitgawes.


’n Noodfonds bring verder ’n mate van stabiliteit en vrede oor jou en jou finansies. Die hoop en wete van ’n uitkoms, van ’n beter finansiële toekoms, van die feit dat jy beheer oor jou finansies begin kry. Geld het jou altyd beheer maar nou begin jy die oorhand kry, en dit – beheer oor geld – is wat vrede in jou lewe inbring.


Is jy voorbereid vir die onvoorsiene finansiële uitgawes in hierdie lewe?

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

Die Bybel raai ons aan om los te kom van skuld. In hierdie plan word die tien stappe na 'n skuldvrye lewe bespreek.

Ons wil graag Wilco Naumann bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://wilconaumann.com/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid