Leesplan inligting

10 Stappe Na Vryheid Van SkuldVoorbeeld

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

DAG 6 VAN 10




Dag 6 – Wees tevrede met wat jy het


Indien jy nie tevrede is met wat jy het nie gaan jy sukkel om uit skuld uit te kom. Ontevredenheid is ’n doring in jou finansiële vlees. Dus is dit belangrik dat ons leer om tevrede te wees, want volgens 1 Timoteus 6:6 is vergenoegdheid ’n groot wins: “Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ’n groot wins.”


Dit is ’n leuen van die vyand wat jou laat dink meer besittings gaan meer sekuriteit verskaf. Jou diepste behoeftes, ware geluk, volkome tevredenheid word nie uit dinge verkry nie, maar slegs uit ’n verhouding met God en deur ’n gesonde en gelukkige verhoudingslewe – met jouself en ander mense. Hoe gesonder die interne, hoe minder die begeertes en behoeftes na aankope. 


Onthou dat tevredenheid of vergenoegdheid teen die vleeslike natuur is, dus moet dit aangeleer word – dit gaan nie natuurlik kom nie. Paulus het in Filippense 4:11 geskryf: “... ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.” Hy moes dit aanleer. Die vlees is ewig opsoek na die sigbare en tydelike. Moenie die tydelike verruil vir die beter, onsigbare ewige nie. 


Waarmee is jy ontevrede, en hoe kan jy vandag begin om ’n lewe van vergenoegdheid te kweek? 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

10 Stappe Na Vryheid Van Skuld

Die Bybel raai ons aan om los te kom van skuld. In hierdie plan word die tien stappe na 'n skuldvrye lewe bespreek.

Ons wil graag Wilco Naumann bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://wilconaumann.com/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid