Leesplan inligting

Bybel vir AlmalVoorbeeld

Bible for All

DAG 3 VAN 3

Die kennis van God se wonderlike genade en sy vrygewigheid, spoor ons tot dade aan (Jakobus 2:21,22). Wanneer ons meer van God se goedheid en sy onveranderlike karakter weet, spoor dit ons aan om die Woord van God aan ons broers en susters in die geloof te bring (Matteus 28:19,20). Omdat ons weet dat die Bybel die krag het om harte en nasies te herskep, is ons uitdaging om dit in die huise van elke gesin regoor die wêreld te kry.



Hoe kan ons dit doen?



Hoe kan ek 'n Bybel na 'n gelowige aan die ander kant van die wêreld bring?



Die beëindiging van Bybelarmoede verg 'n veelsydige benadering wat nie deur 'n enkele poging of persoon bereik kan word nie (Johannes 17:23). Gebed is altyd die eerste tree wat ons neem. Bid dat jou hart gebreek sal word vir ons broers en susters sonder Bybels. Jou volgende tree is om voort te gaan om jou denke te vernuwe (Romeine 12:2) en om self gevul te word met die Woord van God. Namate ons 'n dieper verhouding met Jesus ontwikkel, sal dit ons tot meer dade namens Hom aanspoor.



Die derde en laaste tree om te neem, is om na te vors waar jy van diens kan wees in die wêreldwye poging om Bybelarmoede nou te beëindig! Net soos ons vir die ongelowige sou vertel van die liefde van Jesus en sy verlossende krag, moet ons vir ons Christenbroers en -susters die waarheid vertel van hoeveel mense sonder enige toegang tot die Woord van God leef. Begin met gebed, belê in jou verhouding met Jesus deur die lees van sy Woord, en oefen jou geloof deur almal te vertel van die noodsaaklikheid om Bybelarmoede NOU te beëindig!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Bible for All

As ons eerlik met onsself is, kan ons almal tot een of ander mate sê dat die Woord van God 'n positiewe en herskeppende impak op ons lewens gehad het. Ons hoop dat jy oor die volgende drie dae meer kan verstaan wat Bybel...

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid