Leesplan inligting

Bybel vir AlmalVoorbeeld

Bible for All

DAG 1 VAN 3

Wanneer ons probeer om iets te beëindig of iemand te help wat behoeftig is, moet ons die woord armoede eers behoorlik definieer en verstaan.



Miskien beteken dit, om armoede te verstaan ​​en dit te probeer beëindig, dat ons eers ons eie begrip erken van Jesus se bedoeling toe Hy gesê het: “Salig is die wat arm van gees is ...” (Matteus 5:3 AFR53). Die eenvoudigste antwoord is wanneer ons na God toe kom, moet ons ons eie sonde en ons geestelike leegheid en armoede besef. Ons kan nie vol trots of selfvoldaanheid wees, of dink dat ons nie regtig vir God nodig het nie (Jakobus 4:6). Met hierdie voorbeeld van "arm van gees" wys Jesus die ongeëwenaarde nederigheid van sy Gees wat 'n gehoorsame lewe gelei het tot sy dood ter wille van ons. Ons sien onsself dan as swak, hulpeloos en arm van gees. Ons begrip van ons eie verarmde harte laat dan toe dat God se krag in ons tot volle werking kom (2 Korintiërs 12:9). Ons erkenning van ons behoefte aan God lei daartoe dat ons deur sy woorde vervul word. Matteus 4:4 sê: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” Die Bybel gee ons ook hierdie opdrag: “Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees" (Josua 1:8).



Wanneer ons onsself as totaal hulpeloos en heeltemal afhanklik van Hom sien, dan en slegs dan, kan ons probeer om enige soort armoede in hierdie wêreld te beëindig. Die beëindiging van Bybelarmoede en om mense die herskeppende krag van die Woord van God te bring, kan eers begin wanneer ons almal ons eie geestelike armoede en behoefte aan algehele afhanklikheid van Jesus Christus erken. Terwyl ons die Woord van God bepeins en dit op ons alledaagse lewe toepas, word ons al beter toegerus om ander te dien uit die oorvloedige teenwoordigheid van God in ons lewens.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Bible for All

As ons eerlik met onsself is, kan ons almal tot een of ander mate sê dat die Woord van God 'n positiewe en herskeppende impak op ons lewens gehad het. Ons hoop dat jy oor die volgende drie dae meer kan verstaan wat Bybel...

More

Ons wil graag YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid