Leesplan inligting

Herstel: Luukse LeesplanVoorbeeld

Restoration: Deluxe Bible Plan

DAG 3 VAN 18

Dag 3: Wegspring
 




"Ek was op "outomatiese reisbeheer" (reis)


Dit is hoe jy beheer verloor (verloor)


En jy word wat jy najaag


Ek moes my doelwitte hernu"



Wanneer ek na die Skrif kyk, sien ek hoe God Hom verlustig in diegene wat gewillig is om ten volle op Hom te fokus. Ons is  geroepe om ons meer in die Here te verheug as oor enigiets anders wat die lewe kan bied. Saam met hierdie roeping is daar 'n belofte. God belowe as ons "ons allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God beywer, dan sal Hy ons alles gee wat ons nodig het" — Hy sal ons vrede gee. Ongelukkig ken so baie van ons hierdie waarheid, maar steeds dwaal ons af. Ons glo ons kan vreugde sonder God vind of ons hou op om getrou te wees en verkies om ons daarvan los te maak.



Die goeie nuus is dat herstel moontlik is, selfs nadat ons afgedwaal het. Daar is baie voorbeelde in die Bybel van God se genade om ons op Hom gefokus te hou, asook van sy geduld en goedheid wanneer ons bely dat ons Hom nie eerste gestel het nie, ons bekeer en dan wegdraai van die dinge wat ons liefde afgelei het. 



Dink hieroor: as jy dalk in outomatiese bestuur geglip het, is dit nie te laat om wakker te word nie. Hoor jy die stem van die Here wat jou roep soos Hy vir Adam en Eva in die tuin geroep het: "waar is jy?"



Moenie skaam wees om die waarheid aan jouself en God te erken nie. As jou aandag afgelei is, of jy angstig is of geloof kortkom, roep dan na God en vertel Hom van jou behoeftes. Moenie met enigiets minder tevrede wees nie. As jy moeg is, bied God jou rus. As jy foute gemaak het, bied God jou vergifnis. God is vandag naby aan jou.



Gebed: Vader, help my om U eerste te stel. Gee u rus aan my.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Restoration: Deluxe Bible Plan

Neem 'n treetjie in Lecrae se persoonlike nadenke oor Herstel vir insigte om dieper intimiteit met God te ontwikkel te midde van pyn en gebrokenheid. Dit bevat nou nuwe inhoud!

Ons bedank graag vir Reach Records wat hierdie leesplan voorsien het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://lecrae.com/bio

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid