Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Geroepe LeweVoorbeeld

Vibrant: A Life of Calling

DAG 3 VAN 5

Ek vind dit nogal moeilik om vir Paulus as 'n moordenaar in te dink, voor hy Christus op die pad na Damaskus ontmoet het. Voor hy hierdie ommekeer ervaar het, het hy as Saulus bekendgestaan en Jesus se dissipels vervolg en in die gevangenis gegooi. Die Bybel vertel dat Paulus se lewe op 'n stadium daaruit bestaan het om Christene te vermoor. Die lug wat hy ingeasem het, het sy haat teen diegene aangevuur wat in die opgestane Christus geglo het. Paulus het dus geweet, as hy deur die krag van Christus kon verander het, dan kon enigeen verander! 



As 'n gevangene in Rome, het Paulus sy brief van bemoediging, spesifiek aan die Efesiërs geskryf. Paulus het verkies om uit te styg bo sy menslike kettings en was vasbeslote om 'n gevangene te wees in 'n magtiger en werkliker gevangenis as enige aardse afsondering. Paulus het in 'n gevangenis van volkome vryheid gelewe!



Paulus het geweet, alhoewel die Romeinse gevangenis die mag het om sy aardse bewegings te beperk, deur aan Christus Jesus vasgeketting te wees, hy vrygemaak is om die persoon te wees waarvoor hy geroepe is. Paulus het meer vryheid in die tronk beleef as toe hy in die strate van Rome of Jerusalem geloop het. Paulus het daarvoor geleef om vir die res van sy lewe in 'n gevangenis van heelhartige diensbaarheid aan Christus te wees.



Daar was een oorheersende seën deur 'n Christelike lewe te lei waarvan Paulus seker was: as jy in Christus vry is, is daar nie 'n gevangenis wat jou kan terughou van dit waarvoor jy bestem is nie!



Dit klink soos 'n raaisel, nie waar nie? Wat 'n lieflike en hoopvolle teenstrydigheid is dit nie! My gevangenis maak my vry om Christus met my hele hart te dien.



Ons hoofdoel aan hierdie kant van die hemel moet wees om ons lewens so te leef dat dit die Vader verheerlik. Paulus pleit saam met die Heilige Gees by gelowiges om ons dae so te orden dat dit aan God eer bring. Ons word aangespoor om mense op so 'n bemoedigende wyse te hanteer dat dit die Vader se hart gelukkig maak. Elke woord wat ons praat moet 'n woord van vriendelikheid en deernis aan diegene in ons lewens wees.



Ons is die Vader se verteenwoordigers op aarde en ons roeping is om Hom so goed as moontlik te verteenwoordig. Ons is sy ambassadeurs van hoop, vreugde en liefde. Mense kyk na ons lewens om Christus in ons te sien, die hoop van heerlikheid. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life of Calling

Paulus, 'n bevryde gevangene van die Here, het die kerk by Efese gesmeek: "laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het." Ons is die Vader se verteenwoordigers op aarde en ...

More

Ons wil Whitaker House bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid