Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Geroepe LeweVoorbeeld

Vibrant: A Life of Calling

DAG 1 VAN 5

Ek glo dat in elke persoon se hart 'n diepgewortelde behoefte is om eenvoudig deur iemand gekies te word. In graad drie, wil ons graag gekies word vir die rugby- of netbalspan. In graad vyf, wil ons graag gekies word as iemand se beste vriend of vriendin. In die hoërskool, wil ons graag gekies word as iemand se metgesel na die matriekafskeid! Soos ons ouer word, wil ons graag vir ander goed gekies word, soos vir 'n beurs, 'n werk of 'n huwelik.


Ongeag wie almal jou al verwerp het, kan jy rus in die wete dat jy uitgekies is deur die Een wat jou die liefste het en jou die beste ken! God het jou uitgekies as sy eie kind en sy intieme vriend of vriendin.


Die Vader het jou spesifiek op hierdie tyd in die geskiedenis uitgekies om in sy span te wees en deur sy liefde omvou te wees. Hy het jou uitgekies om saam met Hom deur die lewe te dans; Hy het jou uitgekies om sy seën en guns oor jou uit te stort. Jy, my vriend, is uitgekies deur die Een wat die meeste saak maak.


Om te weet dat jy deur die Vader uitgekies is, verander alles vir jou. Dit herskep jou identiteit en vergroot jou doel. Elke môre wanneer jy wakker word, moet die eerste gedagte wat by jou opkom wees, Ek is deur die Vader uitgekies! Wanneer jy badkamer toe loop om jou tande te borsel, moet die eerste ding wat jy sê wees: "Ek is deur die Vader uitgekies!"


Hy wou jou vir Homself hê en daarom het Hy jou al uitgekies voor die begin van alle tye.


Nie net het die Vader jou uitgekies nie, maar Hy het jou 'n naam gegee. Jou verlede het nie die reg om jou 'n naam te gee nie, ook het jou foute nie die mag om jou te definieer nie. Die enigste een wat jou 'n naam kan gee, is die Een wat jou lief genoeg het om jou uit te kies as sy eie.


God se liefde is nie voorwaardelik gebaseer op jou gedrag nie; dit is die wese van sy karakter. Jy kan nie God se liefde vir jou keer, minder maak of verstik nie.


Jy is uitgekies. Jy is heilig. Jy is geliefd. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life of Calling

Paulus, 'n bevryde gevangene van die Here, het die kerk by Efese gesmeek: "laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het." Ons is die Vader se verteenwoordigers op aarde en ...

More

Ons wil Whitaker House bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid