Leesplan inligting

Sewe Wette van LiefdeVoorbeeld

7 Laws Of Love

DAG 5 VAN 7

Liefde bied genade



Jesus was die volmaakte verpersoonliking van beide liefde en waarheid. Hy het nooit 'n leuen vertel nie, tog was Hy terselfdertyd ook nooit wreed of veroordelend met die waarheid nie. Elke woord wat Hy gesê het, was in liefde gehul. Dus het Hy nooit iemand se vertroue geskend, selfs wanneer die waarheid seermaak nie.



Toe Jesus ter dood veroordeel is, het sy volgelinge uitmekaar gespat, uit vrees dat dieselfde lot hulle sou tref. Petrus het egter besluit om Jesus in die geheim te volg, om te sien wat met sy Meester sou gebeur. Nadat verskeie mense hom egter herken het, het Petrus vurig ontken dat hy geweet het wie Jesus is. In Jesus se mees kwesbare oomblik het Petrus hom verraai.



Petrus was so verpletter oor wat hy gedoen het, dat hy weggegaan en bitterlik gehuil het. Hy was skaam vir homself en was oortuig dat Jesus Hom heel moontlik ook vir Petrus geskaam het. Jesus het die volgende dag aan 'n kruis gesterf en Petrus was oortuig dat die verhaal geëindig het en hy vir die res van sy lewe met die skande sou moes saamleef.



Liefde sorg egter altyd vir genesing.



Jesus het die dood oorwin en na sy opstanding aan Petrus verskyn. Teen die rustige agtergrond van 'n sonsopkoms, het Jesus op die strand ontbyt gemaak en Petrus, wat besig was om vis te vang, het uit die boot gespring om by sy Verlosser uit te kom.



Toe Petrus op die strand kom, vra Jesus drie keer vir hom dieselfde vraag: "Petrus, het jy my lief?" Elke keer antwoord Petrus: "Ja, Here. U weet dat ek U liefhet." Elke keer antwoord Jesus: "Laat my skape wei."



Petrus het teen die derde keer al aanstoot begin neem dat Jesus dieselfde vraag vra, maar hy het nie dadelik verstaan dat Jesus vir hom wou wys dat liefde die mag het om ons sondes te bedek nie. Petrus het Jesus drie keer verloën, en nou reik Jesus met genade na hom toe uit, sodat Petrus drie keer sy liefde vir Jesus kan bevestig.



Ek weet nie waardeur jy al gegaan het nie. Ek weet nie hoe jy seergekry of verraai is nie, en ek weet nie wat jy gedoen het om ander seer te maak of te verraai nie. Wat ek wel weet, is dat God jou liefhet. God bied jou sy genade en Hy verlang dat jy dit sal neem en vrylik met ander deel.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Laws Of Love

Met opregte liefde kan jy gesondheid en genesing in elke verhouding bring. Pastoor Dave Willis deel die “Sewe Wette van Liefde” wat in die Woord gevind word en bied praktiese raad oor hoe om liefde in aksie te laat oorga...

More

Baie dankie aan Pastoor Dave Willis en Thomas Nelson wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://bit.ly/2jyBPHD

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid