Leesplan inligting

Sewe Wette van LiefdeVoorbeeld

7 Laws Of Love

DAG 4 VAN 7

Vrees word deur liefde oorwin



Moed is nie die afwesigheid van vrees nie, dis die teenwoordigheid van liefde wanneer jy vrees in die gesig staar. Dalk gaan jy nou deur 'n moeilike tyd in jou lewe. Vrees oorval jou van alle kante en jy vra jouself af: As God so liefdevol en kragtig is, hoekom gaan ek dan deur al hierdie pyn?



God is nie soos 'n sadistiese kind wat insekte martel omdat dit vir hom lekker is nie. Hy is die verpersoonliking van liefde en Hy het jou liewer as wat jy ooit kan dink. As jy deur 'n moeilike tyd gaan, moenie toelaat dat vrees die oorhand kry nie. Keer jou na die liefde van jou hemelse Vader en vind daar rus. Selfs in oomblikke van pyn sal Hy jou deurdra en iets goeds daaruit laat voortkom. Jy kan jou vrese met liefde oorkom, want liefde gee jou die moed om jou vrese met geloof aan te pak.



Almal van ons ervaar vrees in ons lewens. Ek dink toe God ons gemaak het, het Hy geweet hoe baie ons met vrees gaan sukkel, en watter groot gevaar dit vir ons lewens sou inhou. Dis hoekom Hy oor en oor in die Bybel sê: "Moenie vrees nie."



Hy sê nie net dat ons nie moet bang wees nie, Hy gaan verder en sê hoekom ons nie moet bang wees nie. Hy het belowe om altyd by ons te wees. Wat 'n wonderlike belofte!



Stel jou 'n lewe voor met 'n hart vol liefde en moed. Hoe verskil daardie voorstelling van hoe jou lewe op hierdie oomblik lyk? Daardie vreeslose prentjie is moontlik, as jy kies om 'n lewe te lei wat deur liefde aangespoor word. Verbind jouself aan die pad van liefde en moenie omkyk na die pad van vrees nie. Goeie dae is in die vooruitsig. God belowe dit, en daarom is dit waar.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Laws Of Love

Met opregte liefde kan jy gesondheid en genesing in elke verhouding bring. Pastoor Dave Willis deel die “Sewe Wette van Liefde” wat in die Woord gevind word en bied praktiese raad oor hoe om liefde in aksie te laat oorga...

More

Baie dankie aan Pastoor Dave Willis en Thomas Nelson wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://bit.ly/2jyBPHD

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid