Leesplan inligting

Wees 'n Spel-WisselaarVoorbeeld

Be a Game Changer

DAG 4 VAN 6

Vertel Jou Verhaal Met of Sonder Woorde



Reg, teen hierdie tyd voel jy dalk al 'n bietjie opgewonde oor die kans om vir enigeen wat belangstel te vertel oor die hoop en spel-wisselende ervarings wat jy saam met Jesus gehad het. 



Of jy mag dalk nog 'n bietjie onseker voel. Dalk is die idee om met ander te gesels, nie iets waarmee jy vreeslik gemaklik is nie. Dit is ook in die haak! Jy hoef nie sommer na enige vreemdeling toe te gaan nie. Begin met jou vriende. 



As jy nog steeds onseker voel? Wel, kyk na hierdie video vir idees hoe om die spel-wisselende goedheid van Jesus met ander te deel — sonder om enige woorde te gebruik!




Verbysterend. 



Wat as jy nie 'n verwer is nie? Moenie bekommerd wees nie. Wat geniet jy om te doen? 



Sport? Dalk kniel jy om stilletjies te bid voor elke wedstryd of oefening. Ander kan dit sien en dalk besluit om jou daaroor uit te vra. 



Dans. Dalk vra jy om te dans op 'n liedjie wat God vereer.



Sing? Dalk kan jy oor Jesus sing. 



Versorg jy diere? Dalk bied jy aan om diere in jou buurt te versorg wanneer hulle eienaars weg is — verniet — en jy sê vir hulle jy doen dit omdat jy geroepe voel om vir God se diere om te gee. 



Gee jy om vir die omgewing? Dalk ruim jy elke week vullis in jou buurt op terwyl jy 'n hemp dra wat iets wys van jou liefde vir God se skepping. 



Vandag se Bybelgedeelte gaan oor 'n verhaal wat Jesus vertel het oor hoe drie mense met geld gewerk het wat aan hulle gegee is. Een het die geld belê en baie rente daaruit verdien. 'n Ander een het 'n gat gegrawe en die geld daarin weggesteek. God is op soek na mense om Hom te help om sy familie van gelowiges uit te brei. Onthou: Die maniere waarop jy kan help om sy familie te laat groei is eindeloos! Moenie jou verhouding met Hom wegsteek nie. Dit was 'n spel-wisselaar vir jou — dit kan ook vir iemand anders wees! 



Vra jouself af: As iemand my vir 'n maand van ver af dophou, sal hulle kan sien dat ek vir Jesus lief is en Hom volg? Indien nie, hoe kan ek dit makliker maak vir ander om raak te sien dat ek vir Hom lewe?



Daag jouself uit: Dink aan die dinge wat jy elke week doen. Identifiseer een ding wat jy kan doen om God sigbaar te maak terwyl jy met jou daaglikse aktiwiteite aangaan. Bid in die week voor jy daardie ding doen en wees reg om met enigiemand te praat wat jou dalk mag vra hoekom jy kies om God te vereer op die manier wat jy dit doen. 



Bid: Vader, dankie dat U elkeen van ons verskillend en spesiaal gemaak het. Help my om die manier te gebruik 



waarop U my gemaak het om U beroemd te maak! Ek wil u liefde en waarheid aan elkeen wys wat my sien. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Be a Game Changer

'n Spel-wisselaar maak 'n betekenisvolle verandering in die rigting van 'n spel. Jesus was 'n spel-wisselaar vir 'n verlore wêreld. En raai wat? Jy kan 'n spel-wisselaar vir ander wees deur hulle te vertel wat Jesus vir ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid