Leesplan inligting

Wees 'n Spel-WisselaarVoorbeeld

Be a Game Changer

DAG 1 VAN 6

Wat is 'n Spel-Wisselaar?



"Spel-Wisselaar." Jy het al van die term gehoor, nê? Byvoorbeeld: jy het gewoonlik in die middag verveeld rondgesit totdat jy geleer het hoe om slym te maak. Spel-wisselaar! Nou is jy nooit meer verveeld nie (en jou matte is altyd 'n bietjie vol krummels). 



Kyk na hierdie “Loop Show Reacts”-video om na 'n paar spel-wisselaars te kyk!




Reg, reg. Jy wonder nou heel waarskynlik wat in die wêreld hierdie spel-wisselende uitvindings in 'n leesplan doen. Wel, lees verder hoekom ons hieroor praat. 



Partykeer gebeur iets wat die manier heeltemal verander hoe ons dinge doen. Hierdie leesplan gaan eintlik handel oor Iemand wat gekom het en heeltemal die manier kom verander het hoe ons dinge doen. Hierdie "ons" is absoluut almal wat kies om hierdie spel-wisselende Persoon te vertrou en te volg! 



Kan jy raai wie daardie Spel-wisselaar is? Ja! Dit is Jesus! Hy is die grootste spel-wisselaar ooit. 



Oor die volgende vyf dae sal jy ontdek wat jou eie reaksie op Jesus en sy spel-wisselende lewe, dood en opstanding is. As 'n volgeling van Jesus, weet jy heel waarskynlik dat jy veronderstel is om jou geloof in Hom met ander te deel. Hoekom? En hoe? Moenie bekommerd wees nie — jy sal leer hoekom en jy sal ook van wonderlike maniere leer hoe om jou reaksie te deel. Sommige van die maniere mag jou dalk ook verras! 



Vra jouself af: Watter uitvinding sal regtig moeilik wees om sonder te leef? Hoe sou die lewe anders wees as ons nie daardie ding gehad het nie? Hoe sou die wêreld anders gewees het as niemand daardie ding gehad het nie?  



Daag jouself uit: Kry 'n pen en papier. Skryf nou al die maniere neer waarop jou lewe anders is omdat jy vir Jesus ken, Hom volg en liefhet. Wees spesifiek en dink hard! Dinge soos: "Ek skree nie op my broer nie, al werk hy op my senuwees. Ek volg Jesus se voorbeeld en vergewe baie meer as wat ek sou as ek nie gekies het om vir Jesus te volg nie." 



Bid: Vader, dankie vir al die maniere waarop U my en almal wat U volg, verander. U is so goed en U verander my lewe ten beste op ontelbare maniere. Help my om te leer hoe om u spel-wisselende goedheid op spesiale en onvergeetlike maniere te deel. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Be a Game Changer

'n Spel-wisselaar maak 'n betekenisvolle verandering in die rigting van 'n spel. Jesus was 'n spel-wisselaar vir 'n verlore wêreld. En raai wat? Jy kan 'n spel-wisselaar vir ander wees deur hulle te vertel wat Jesus vir ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid