Leesplan inligting

Beter As NormaalVoorbeeld

Better Than Normal

DAG 4 VAN 5

Verhoudings


Verhoudings vorm deel van ons almal se lewens. Sommige is gesond, en ander nie. Ons voel met tye nader aan mense wat nié deel van ons familie is nie, en ervaar dan afstand tussen ons en ons familielede. 


In ons verhoudings ervaar ons die goeie dinge in ons geliefdes se lewens, maar moet ons ook die moeilike dinge soos seerkry, verraad en frustrasie (om maar net 'n paar te noem) hanteer. Die normale manier waarop mense op sulke dinge reageer, is om vergifnis te weerhou, wraak te neem en geen genade te betoon nie. 


Wanneer iemand iets doen wat ons seermaak of aanstoot gee, ervaar ons dit dikwels as 'n persoonlike aanval. Ons neem aan dat hulle bedoel het om ons seer te maak, en soms doen mense dit wel. Ons is net onvolmaakte mense wat ... onvolmaak optree.  


Ons moet egter ondersoek instel hoe ons verhoudings van ons kant af hanteer en ook hoe ander ons behandel. Bou ons mense met ons woorde op, of breek ons hulle af? Is ons vriendeliker met mense wat weer iets vir ons kan doen, of behandel ons almal met eerbied en respek? Gee ons onsself seksueel aan almal met wie ons uitgaan of wag ons daarmee tot die huwelik? 


Die apostel Paulus gee in Romeine 12:9-18 baie spesifieke opdragte hoe ons in verhoudings moet optree. Hy sê dat ons geroep is om mekaar soos broers en susters lief te hê, mekaar te eerbiedig meer as wat ons onsself eer, ons moet met minderbevoorregtes deel, en 'n groot uitdaging ... om nie met kwaad te vergeld wanneer iemand ons seermaak nie.


Wat ons verhoudings betref, kom ons kyk na teenstellende idees tussen wat as normaal aanvaar word, en wat beter as normaal kan wees:


Normaal versaak vriendskappe wanneer foute gemaak word, maar beter as normaal vergewe.

Normaal laat toe dat onbenullighede frustrasie veroorsaak, maar beter as normaal is geduldig.

Normaal swig voor versoeking, maar beter as normaal kies reinheid.

Normaal argumenteer wanneer daar verskille is, maar beter as normaal bou brûe.

Normaal soek sy eie belang, maar beter as normaal dink eerste aan ander. 

Normaal maak grappe ten koste van ander, maar beter as normaal praat met respek.


Ongeag of ons verhoudings swaarkry of nie, weet ons dat normaal nie altyd 'n gesonde plek is om te wees nie, maar dis meer gemaklik as die onbekende. Laat ons dus kies om beter as normaal te wees in die wyse waarop ons liefhet en saam met almal om ons leef. 


Is daar verhoudings in jou lewe wat ongesond is? Dink na oor die mense in jou lewe en hoe jy teenoor hulle optree. Besluit wat gesond is, en watter veranderinge aangebring moet word om seker te maak dat jou verhoudings tot eer van God is.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Better Than Normal

Normaal beteken dat ons aan 'n gewilde standaard voldoen, maar tog is daar miljarde mense op die aarde, elkeen uniek en uiteenlopend. Normaal is dikwels die plek van voorkeur om in te "leef", maar dit is waarlik nie alty...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid