Leesplan inligting

Beter As NormaalVoorbeeld

Better Than Normal

DAG 2 VAN 5

Geld


Daar is baie dinge in die wêreld wat kompeteer vir ons aandag. Oral waar ons kyk, sien ons dinge wat na ons blyk uit te roep: "Koop my!" of, "Jy het my nodig!" Materiële besittings kan ons so sterk nader lok dat ons begin om goed te koop wat nog nie voorheen op ons finansiële radar was nie. Ons beland dan, gouer as wat ons kan dink, in 'n toksiese verhouding met geld en besittings, en ons weet nie hoe om daaruit te kom nie. Dit is vir baie mense die "normale" manier van leef.


Hierdie normale manier om geld te spandeer en te bestuur laat ons nie in 'n goeie posisie nie. Dit is byvoorbeeld normaal om elke sent van ons inkomste te spandeer en nie enige geld vir noodgevalle te spaar nie. Dit is ook algemeen om skuld aan te gaan en dit nooit af te betaal nie. Dit is "normaal" om te dink alles gaan voor die wind as ons net die paaiement kan bekostig.


Die Bybel het egter baie te sê oor die onderwerp van geld. Dit is inderwaarheid een van die mees besproke onderwerpe in die hele boek! 'n Paar van die dinge wat die Bybel ons oor geld vertel is dat dit ons nooit sal bevredig nie (Prediker 5:10), en dat rykdom wat vinnig bekom word ook vinnig kan kwyn (Spreuke 13:11). 


Jesus se leering oor geld in Matteus 6:19-24 waarsku ons daarteen om wêreldse "skatte" te versamel. In plaas daarvan daag Hy ons uit om eerder "hemelse" skatte bymekaar te maak, "waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie." Jesus sê vir ons: "Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” Sy laaste, mees kragtige vermaning aan ons is: "Julle kan nie God én Mammon dien nie.”(Matteus 6:24).


Ons kan aanhou om te doen wat in die meeste van die wêreld vertoon word, of ons kan veranderinge aanbring en beter as normaal lewe. 


Normaal fokus op versamel, terwyl beter as normaal aan ander gee.
Normaal laat geld toe om die leiding te gee, terwyl beter as normaal leiding deur God wil hê
Normaal hou 100% van ons inkomste, terwyl beter as normaal God vertrou met 90%.
Normaal dink nie vooruit nie, terwyl beter as normaal lewe volgens 'n plan.
Normaal is 'n slaaf van skuld, terwyl beter as normaal spaar om ten volle te betaal.
Normaal dink aan vandag, terwyl beter as normaal belê vir die toekoms.


Geld is op sigself nie 'n slegte ding nie, maar wanneer ons dit toelaat om ons god te wees, kan dit verwoesting in ons lewens saai. Die geld wat ons verdien behoort iets te wees wat ons gebruik, en nie iets wat óns gebruik of beheer nie. 


Wat daarvan as ons ons normale denkwyse aanpas tot een wat beter as normaal is? Bestee 'n bietjie tyd daaraan om jou verhouding met geld te oordink, en kyk wat moet verander.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Better Than Normal

Normaal beteken dat ons aan 'n gewilde standaard voldoen, maar tog is daar miljarde mense op die aarde, elkeen uniek en uiteenlopend. Normaal is dikwels die plek van voorkeur om in te "leef", maar dit is waarlik nie alty...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid