Leesplan inligting

Dapper GebedeVoorbeeld

Bold Prayers

DAG 2 VAN 7

Deursoek My En Deurgrond My Hart


Jy is 'n sensasiesoeker, want jy lees nog steeds. Jy wil uit jou eie-ek sirkel kom. Jy wil die vreesaanjaende-goeie lewe op die randjie hê, in volle oorgawe aan die Maker en Meester van alles. Jy wil 'n hart hê wat God se eie hart najaag. Jy en koning Dawid albei.



In Psalm 139, het koning Dawid sy bekende, gevaarlike gebed gebid toe hy gesê het, Deurgrond my, o God, deurgrond my hart … Waarom is dit 'n gevaarlike gebed? Is dit omdat God dalk slegte goed in koning Dawid se hart kon kry wat hom dan in die moeilikheid laat beland? Nee, God weet altyd alles. Hy gaan niks nuuts in koning Dawid se hart vind nie. 'n "Deursoek my"-gebed is gevaarlik, nie oor wat God kan vind nie, maar oor wat Hy aan ons kan openbaar.



Dink daaraan om 'n huis deur 'n eiendomsagent te verkoop. Jy maak jou huis deeglik skoon voordat jou eiendomsagent opdaag, in die hoop dat hy dan sal dink jou huis gaan vinnig verkoop. In plaas daarvan sê die agent vir jou om van die groen fluweelbank ontslae te raak, die hoek van die mat waar die hond slaap skoon te maak, en asseblief daardie engeltjie muurpapier te verwyder! Om God te vra om ons te deursoek, is iets soortgelyks. Hy kom binne en maak ons ​​oë oop vir al die rommel wat ons nie kon sien nie. Net soos met die eiendomsagent, moet ons besluit of ons die rommel gaan hou, of die goed uit die huis verwyder.



Om bloot rommel te hê, veroordeel ons nie. Koning Dawid het moord en egbreuk gepleeg, en God het hom steeds 'n man na sy hart genoem. Laat ons dus ons vrees oorkom om dalk uitgevang te word. God weet reeds van alles in ons harte. Kom ons vra God om vir ons te wys wat Hy sien. Kom ons haal die rommel uit sodat ons die meeste waarde vir ons geld kan kry terwyl ons God se hart najaag.



Bid: Heilige Gees, wys my asseblief al die rommel in my lewe wat U aanstoot gee. Laat dit my aanstoot gee soos dit U aanstoot gee. Laat dit vir my soos ou rommel ruik. Vader, help my om hierdie rommel te verruil vir die volle lewe wat U my belowe het.



 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Bold Prayers

God is altyd goed, maar dit beteken nie dat Hy altyd veilig is nie. Hierdie Life.Church leesplan daag lesers uit om drie dapper gebede te bid: deursoek my, stuur my en breek my. Waag dit om vandag te begin lees, en jou l...

More

Ons wil Life.Church graag bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid