Leesplan inligting

Hantering van OnsekerheidVoorbeeld

Dealing with Uncertainty

DAG 5 VAN 5

Oefen Om Stil Te Wees 

“Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg" — Eksodus 14:14. 


Net nadat hulle uit Egipte ontsnap het, het Moses die Israeliete met hierdie woorde bemoedig. Miskien het hy begryp dat ons natuurlike reaksie in oomblikke van onsekerheid is om onrustig rond te val tussen angs en wanhoop. 


Gevoelens van onsekerheid kan daartoe lei dat die prefrontale korteks in jou brein "afskakel": dit beïnvloed jou vermoë om probleme op te los, aandag te gee, en buigbaar te bly. Dit verhoog jou kanse om irrasioneel op te tree en maak jou meer geneig tot angs, depressie en spanning. 


Daarom is dit belangrik om jou aandag te vestig op wat saak maak deur jou hart op God se waarhede te fokus. Stilte is 'n dissipline wat voortdurende, bewuste oefening verg, want die aksie om stil te wees, verskerp ons sintuie en maak ons ​​meer bewus van die teenwoordigheid van God in ons huidige omstandighede.  


Hoe oefen jy dan om stil te wees? Een praktiese manier is om deur hierdie week se drie stappe van aksie te werk: 


  1. Erken jou beperkings:Dink 'n paar minute aandagtig aan wat jy voel, en noem daardie emosies. Laat jouself ook toe om nie goed te voel nie. Hierdie proses help om die kringloop van indringende, angstige gedagtes te breek, en help jou brein om aan nuwe maniere te dink om onseker situasies te hanteer. 


  2. Lê jou verwagtinge neer: Wat veroorsaak tans dat jy angstig of bang voel? Visualiseer hoe jy hierdie probleme in 'n houer plaas en gee dan die houer aan God oor. Vra Hom om jou bekommernisse te vervang met herinneringe aan sy beloftes. (Jy moet hierdie proses miskien 'n paar keer herhaal voordat jy gereed voel om aan te gaan.) 


  3. Neem God se verklarings aan: Bestee minstens vyf minute daaraan om oor God se beloftes na te dink. Stel jou voor dat jy dit soos klere aantrek, en vra God om jou te wys waarop Hy wil hê jy op daardie dag moet fokus. (Party dae mag dit lyk asof God baie het om te sê, en ander dae kan dit voel asof God stil is. Albei is normale, natuurlike veranderinge in gesonde verhoudings.)  


Wat jy ook al in die komende weke in die gesig staar, onthou dat God nie onseker is oor dit wat jy ervaar nie. Hy was in jou verlede aan die werk, Hy is hier in jou hede, en Hy hou ook jou toekoms in sy hande. Hou vas aan sy beloftes en vertrou dat Hy goed is.


 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dealing with Uncertainty

Voel die lewe buite beheer? Hoe beveg jy angs en vrees in 'n wisselvallige wêreld gevul met politieke, ekonomiese en sosiale onsekerheid? Hoe hou jy vas aan hoop en leef in moedigheid? Ontdek in hierdie 5-dag leesplan dr...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid