Leesplan inligting

Hantering van OnsekerheidVoorbeeld

Dealing with Uncertainty

DAG 3 VAN 5

Lê Jou Verwagtinge Neer


"Toe die volk sien dat Moses talm en nie van die berg af kom nie, het hulle om Aäron saamgedrom en vir hom gesê: 'Kom maak vir ons 'n god dat hy ons kan lei'" — Eksodus 32:1.


400 jaar. Dit is hoe lank die Israeliete op God gewag het om hulle van slawerny te verlos. Maar nadat hulle Egipte verlaat het, het God hulle nie direk na Kanaän geneem nie. In plaas daarvan het hulle aan die voet van 'n berg gekamp terwyl God vir Moses opdragte gegee het. 


Na 40 dae het die Israeliete gefrustreerd geraak. Die uitstel van hul verwagtinge het tot swak besluite gelei: hulle het God verwerp en gejaag na alles wat hulle behaag. 


As jy al ooit gefrustreerd geraak het deur 'n onseker seisoen wat langer duur as wat jy verwag het, is jy nie alleen nie. Ons kan so gefokus raak op ons teleurstellings dat ons vergeet dat God nog steeds in beheer is. Daarom is dit belangrik om te onthou dat jou wagtyd nooit 'n verkwisting is nie.


Alhoewel die Israeliete dit nie toe kon sien nie, het God nie sy beloftes van hulle weerhou nie — Hy het hulle daarop voorberei.


As jy moeg is om te wag, doen dan wat die Israeliete vergeet het: soek na bewyse van God se teenwoordigheid en kyk terug na wat Hy reeds gedoen het. God se tydlyn mag dalk anders wees as joune, maar sy getrouheid wankel nie. Jou wagtyd kan jou dalk voorberei op die planne en doeleindes wat God vir jou het. 


Oordenkingsvrae: 


Waaraan het jy vasgehou wat jy weet jy moet oorgee?


Op watter maniere was God getrou in jou lewe? 


Wat mag God jou probeer wys in jou huidige seisoen? 


 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dealing with Uncertainty

Voel die lewe buite beheer? Hoe beveg jy angs en vrees in 'n wisselvallige wêreld gevul met politieke, ekonomiese en sosiale onsekerheid? Hoe hou jy vas aan hoop en leef in moedigheid? Ontdek in hierdie 5-dag leesplan dr...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid