Leesplan inligting

Vrug: 'n Onvergeetlike leweVoorbeeld

Vrug: 'n Onvergeetlike lewe

DAG 7 VAN 10

Die vrug van die Gees: Goedheid


Galasiërs 5:22 AFR53: "Die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing."


Wanneer ek en jy oor die vrug van goedheid dink, verbind ons dit dikwels met die begrip “om sag te wees”.


Die term wat vir hierdie woord gebruik word, is die Griekse woord “agathosyne” wat neerkom op: “om te strewe na God se standaard vir jou en ander se lewens, hierdie standaard is goed vir jou.”


Om dit sterker te stel, dit is ‘n Goddelike ontevredenheid oor enigiets wat nie in lyn is met my ware identiteit in Christus nie. Dit is om sonde in my eie lewe en ook in ander se lewens te haat. Deur vry van sonde te leef, het Jesus het ‘n baie hoë standaard vir my en jou gestel. 


Sonde is swakheid wat my weerhou van God se standaard om 'n kwaliteit verhouding met Hom te hê. As ek skuld, skaamte of seer beleef, beroof dit my van vervulling, goedheid en vrede in elke omstandigheid en situasie van my lewe. 


Wanneer ons na Jesus se lewe kyk dan reflekteer Hy ‘n lewe van goedheid. 




Handelinge 10:38: "Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom."




Jesus het orals waar Hy gegaan het goedheid betoon deur mense te wys wat die werklike standaard van hulle identiteit in die Here was. Soos mense hierdie goeie nuus ontdek het, het hul Hom gevolg en ook oral waar hulle gegaan het, het hulle sy standaard gestel en hul lewens gegee soos Hy sy lewe gegee het.


Ek en jy is gemaak om in elke opsig van die lewe goed te wees en Jesus se voorbeeld vir mense om ons te stel. 




Johannes 10:11: "Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape."




Ons uitdaging vir jou vandag:


Vind een goeie ding wat jy kan bydra in dit wat jy vandag gaan beleef.


Goedheid soek die voordeel van ander mense.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Vrug: 'n Onvergeetlike lewe

Die Vrug van die Gees is ‘n studie wat ons begelei na ‘n ontdekking van God se karakter en hoe dit in ons lewens realiseer. Dit is eerstens die studie van Jesus se karakter. Dit is deur die Heilige Gees wat hierdie vrugt...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid