Leesplan inligting

Vrug: 'n Onvergeetlike leweVoorbeeld

Vrug: 'n Onvergeetlike lewe

DAG 1 VAN 10

Die Vrug van die Gees


Die Vrug van die Gees is ‘n wonderlike studie wat ons begelei na ‘n hele paar ontdekkings maar ook na ‘n paar uitdagings.




Galasiërs 5: "1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.


16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; 17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.


22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 24 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. 25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel."




Ons sien dat Paulus in hierdie hoofstuk oor vryheid praat. Vryheid is nie om enigiets te doen waarvoor ek lus het nie, vryheid is om voluit te leef in my ware oorspronklike identiteit. Vryheid is wanneer ons die verwoestende begeertes oorwin deur die werk van God se karakter in ons lewens.


Die studie van die Vrug van die Gees is eerstens die studie van Jesus se karakter. Die Heilige Gees openbaar vir ons, deur hierdie nege aspekte, WIE Jesus is. 




Johannes 16:13-14: "Wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig."




Jesus is liefde, Jesus is blydskap, Jesus is vrede, Jesus is lankmoedig, Jesus is vriendelik, Jesus is goed, Jesus is getrou, Jesus is sagmoedig, Jesus is selfbeheersing.


Tweedens openbaar hierdie Vrug van die Gees ook ONS ware Identiteit. Dit is die natuurlike uitwerking van ons God se Gees binne-in ons. Soos ons dan ons lewe in Hom vind, sal sy karakter ook in ons sigbaar word.




Galasiërs 5:25: "As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel."




Elke kind van God dra sy DNS in ons menswees. Hierdie nege karaktertrekke behoort elke dag ons belydenis te wees: Ek is liefde. Ek is blydskap. Ek is vrede. Ek is lankmoedig. Ek is goed. Ek is getrou. Ek is sagmoedig. Ek is selfbeheersing.


Laastens word hierdie vrug ook ‘n spieël waarin ons elke dag kyk en dit daag ons uit om verder te groei in ons eenwees met Christus. Hierdie gedeelte daag ons meer as baie ander Skrifgedeeltes uit. Heiligmaking is die proses waardeur ons meer van God se karakter toelaat om in ons te ontwikkel totdat dit ons mees natuurlike manier van lewe geword het. 


Soos wat jy saam met ons hierdie nege vrugte van die Gees bestudeer, is ons gebed dat dit jou sal bemagtig om voluit te lewe.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vrug: 'n Onvergeetlike lewe

Die Vrug van die Gees is ‘n studie wat ons begelei na ‘n ontdekking van God se karakter en hoe dit in ons lewens realiseer. Dit is eerstens die studie van Jesus se karakter. Dit is deur die Heilige Gees wat hierdie vrugt...

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid