Leesplan inligting

Pa-wees saam met GodVoorbeeld

Pa-wees saam met God

DAG 2 VAN 7

Tel jou woorde, Pa


Elkeen van ons onthou seermaakwoorde. Dit kan wees van ’n onderwyser of ’n vriend, maar dit is soveel meer skadelik en vernietigend as dit kom van ’n bron van sekuriteit in jou lewe, soos jou pa. Pa’s werk deesdae baie hard en beleef geweldige druk. Spanning laai op en Pa is soos ’n tydbom wanneer hy by die huis kom. Daar wag sy oogappels wat dalk ook ’n harde dag gehad het. Al wat hulle van Pa vra, is een ding: ’n sagte, bemoedigende woord.


Dit is dan wanneer Pa gewoonlik ook goed sê waaroor hy later baie spyt is. Die liggaamstaal en stemtoon is net so belangrik in ’n tyd wat jou kind dringend ’n sagte woord nodig het. Jy kan baie van dit wat jy al voorheen opgebou het tussen jou en jou kind vernietig deur een harde, lelike woord.


Jy is die volwassene in die huis. Jy is die leier en voorbeeld. Daar word van jou verwag om mooi te dink voordat jy praat. Jy moet daarvan bewus wees dat jou woorde ’n geweldige impak op jou kind se lewe maak en soos dolksteke blywende wonde kan agterlaat. Jy moet nooit impulsief en reaktief optree nie. Maak dit ’n reël in jou kop: dink voordat jy praat. Wat jy gaan sê, gaan jou kind blywend beïnvloed. Onthou ook altyd dat kragwoorde en vuil taal nooit uit jou mond mag kom nie. Daardie voorbeeld mag jou kinders nie van jou kry nie. 


Maar jy is ook ’n mens wat foute kan maak. Hoe herstel jy dit? Die een stukkie raad wat ek jou kan gee, is om so gou as moontlik die daad by die woord te voeg. Gaan sê jy is opreg jammer. Sê jy het oorhaastig opgetree en onverantwoordelike goed gesê. Vra jou kind om vergifnis. So beredder jy ’n situasie en skep jy die geleentheid om met sagte, warm woorde ’n verskil in jou kind se lewe te maak. Jou sagte woorde kan genesing bring en bou aan die broodnodige sekuriteit wat jou kind nodig het.


HERE, HELP MY OM MY TONG TE BEHEER. GEE MY OOK DIE MOED OM REG TE MAAK WAAR EK GEFAAL HET. HELP MY OM MY KINDERS TE SEËN MET BEMOEDIGENDE, SAGTE WOORDE. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Pa-wees saam met God

Die lewe is so gejaagd en veeleisend en pa’s weet nie meer wat belangrik en wat prioriteit is nie. Elke pa behoort God se hart oor pa-wees te ken en te verstaan. Hierdie oordenkings sal jou motiveer om jou pa-wees met oo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid