Leesplan inligting

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende GeloofVoorbeeld

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof

DAG 3 VAN 7

Ons aandag is vandag op Romeine 8:14-17 toegespits



  • Hoe weet ons of ons aan Christus behoort? 

  • Wat is die sleutel tot dié antwoord, volgens 8:9, 14, 16? 


Indien ons hierdie toets slaag, sal ons ’n spesifieke verhouding tot die vlees, (sondige natuur) hê. 



  • Wat sal dit wees? 

  • Wat doen die Gees vir ons? 

  • Wat behoort ons deur die Gees te doen? 


Hierdie verse openbaar iets nuuts aan ons omtrent wie ons is noudat ons nie meer deur die sonde beheer word nie. Paulus verduidelik dat God ons aangeneem het. Op grond daarvan het ons twee nuwe identiteite. 



  • Wat is dit?


Lees Galasiërs 3:23 - 4:7; Efesiërs 3:6 en Jakobus 2:5


Let op hoe die inhoud van elkeen van hierdie Skrifgedeeltes parallel loop met dít wat ons tot dusver uit Romeine geleer het.


Maak ‘n nota van dit wat jy leer.


Toepassing: 


Behoort jy aan Christus? 


Praat met die Here oor wat jy vandag geleer het. Moet nie toelaat dat dit net kennis word nie, maar laat toe dat dit jou hart verander.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof

Die slegte nuus: Jy sal nie vanself daartoe in staat wees om te kwalifiseer om deel van God se familie te wees nie. Die goeie nuus: God is lief vir jou en het 'n weg berei om jou sonde te vergewe, jou deel van God se fam...

More

Ons bedank Precept Ministries SA vir die voorsiening van hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://precept.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid