Leesplan inligting

Wees Doelgerig In Jou HuwelikVoorbeeld

Being Intentional In Your Marriage

DAG 5 VAN 5

Daaglikse Liefde



Wanneer ons ander liefhet, strek dit baie verder as net 'n emosie wat ons laat glimlag en vlinders in die maag gee. Die liefde wat God aan ons bewys is ons gids hoe om liefde aan ander te bewys. Om ons huweliksmaats daagliks lief te hê, sluit in om hul behoeftes bo ons eie te plaas en hulle te eer al voel ons nie lus nie. Sommige dae is dit maklik om ons huweliksmaat lief te hê en ander dae is dit 'n keuse. Hier volg 'n paar idees wat jou sal help om jou huweliksmaat waarlik lief te hê.



Gedeelde Aktiwiteite

Dalk was jy aangetrokke tot jou huweliksmaat omdat julle so baie van mekaar verskil. Of dit so is of nie, sal die soektog na aktiwiteite wat julle in gemeen het, die vriendskap en band tussen julle versterk. Oorweeg dit om saam by julle kerk of nie-winsgewende organisasie te dien. Miskien is daar 'n sportsoort waarna julle saam kan kyk of 'n aktiwiteit waaraan julle kan deelneem. Dis nie noodwendig wat julle doen nie, maar dat julle iets saamdoen wat julle albei kan geniet. As dit iets is waaroor julle nog nie gedink het nie, bestee dan tyd daaraan om die verskillende opsies wat julle het te bespreek.



Prioritiseer Jou Huweliksmaat

In hierdie wêreld is daar miljoene ander dinge wat om ons tyd meeding. Ons sê ja vir meer dinge as wat ons moet. Wanneer ons dit doen, is dit gewoonlik ons huweliksmaat wat moet wag. Ons verwag dat die ander een sal verstaan, maar indien dit gereeld gebeur sal dit 'n gevoel veroorsaak wat nie maklik weer uit die weggeruim kan word nie. Kies dus jou huweliksmaat bo elke ander aardse verhouding. Prioritiseer julle tyd saam sodat albei van waarde, gekoester en geliefd voel. Vra jou huweliksmaat die volgende: "Voel jy dat jy my prioriteit is?" Luister dan sonder om daaroor te stry en wees gewillig om veranderinge aan te bring. 



Toon Toegeneentheid 

Die woord toegeneentheid verwys na 'n diepe gehegtheid wat op verskeie maniere te kenne gegee kan word. Ons is nie almal dieselfde geskape wanneer dit by ons behoeftes en begeertes kom nie, daarom is dit belangrik en wys om te leer hoe jou huweliksmaat jou liefde ontvang en ervaar. Dit kan deur woorde of drukkies wees. Miskien besef jou huweliksmaat hoe lief jy vir hom of haar het wanneer jy iets spesiaal doen, want dit wys jy dink aan die persoon. Gesels daaroor en vind uit wat die ander geliefd laat voel en doen dan moeite om daardie dinge te doen. Indien jy alreeds weet, waarvoor wag jy?



Oordink

Op watter gebied moet jy in jou huwelik verbeter? Deelname aan bedrywighede, deur jou huweliksmaat te prioritiseer of toegeneentheid te wys?


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Being Intentional In Your Marriage

'n Sterk en gesonde huwelik gebeur nie net toevallig nie. Die sleutel tot die huwelik waarvan jy nog altyd gedroom het, is om doelgerig te wees. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons verskeie onderwerpe bespreek wat jou sal...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid