Leesplan inligting

Wees Doelgerig In Jou HuwelikVoorbeeld

Being Intentional In Your Marriage

DAG 1 VAN 5

Is Ek Doelgerig In My Huwelik? 



Het jy al die getroude paartjie gesien wat net altyd gelukkig lyk en saamstaan, so asof hulle doodeenvoudig net weet hoe om "getroud" te wees? Dit lyk na min of geen moeite as hulle mekaar se sinne klaarmaak of maniere kry om mekaar te dien nie. Hulle is nie net lief vir mekaar nie, maar hulle hou ook van mekaar. Hoe kan 'n egpaar hierdie tipe verhouding kweek? Een noodsaaklike kenmerk is doelgerigtheid.



Om 'n sterk en gesonde huwelik te handhaaf gebeur nie sommer toevallig of omdat hulle verlief was terwyl hulle uitgegaan het nie. Dit gebeur wanneer 'n egpaar doelgerig in hul dade is, doelgerig in hul beplanning en kies om vrywillig hul huwelik bo hulleself te plaas. 



Kom ons sê jy sien 'n gelukkige egpaar en jy wil weet wat hulle geheim is. Jy verlang na die diepte wat jy in hul verhouding sien. Enige paartjie sal vir jou sê dit verg moeite en toewyding — vra maar. 




  • Jy sien hoe gelukkig hulle lyk, maar jy sien nie die konflik waardeur hulle geworstel het om 'n dieper verbintenis in hul verhouding met mekaar te bou nie. 

  • Jy sien hoe bedagsaam hulle teenoor mekaar optree, wat jy nie sien nie is die moeite wat hulle doen om mekaar te prioritiseer bo enige ander aardse verhouding. 

  • Jy sien hul eensgesindheid, maar jy sien nie al hulle persoonlike planne wat hulle opsy geskuif het om planne te maak wat die huwelik sal bevoordeel nie.


Indien jy dink jy sal nooit so 'n verhouding kan hê nie, is dit tyd dat jy weer daaroor dink. Dit is moontlik om die huwelik te hê waarvan jy nog altyd gedroom het. In hierdie leesplan gaan ons die volgende vier dae gebruik om te leer hoe om in ons huwelike met mekaar te verbind, mekaar te ondersteun, te beskerm en om diep lief te hê. Wanneer ons dit doen, sal die geluk, vrede, liefde en vriendskap wat ons teenoor ons huweliksmaat voel die hoogte inskiet. 



Oordink

Is ek doelgerig om my liefde en toewyding aan my huweliksmaat te bewys?

Voel ek of my huweliksmaat doelgerig is om liefde en toewyding aan my te bewys? (Bespreek die antwoorde met jou huweliksmaat.)


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Being Intentional In Your Marriage

'n Sterk en gesonde huwelik gebeur nie net toevallig nie. Die sleutel tot die huwelik waarvan jy nog altyd gedroom het, is om doelgerig te wees. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons verskeie onderwerpe bespreek wat jou sal...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid