Leesplan inligting

Vind RusVoorbeeld

Finding Rest

DAG 5 VAN 5

Vind Jou Mense

Gemeenskap — 'n liggaam, bestaande uit individue, wat as 'n eenheid saam in broederskap ontmoet om hul gesindheid, belangstellings en doelwitte met mekaar te deel. 


Intimiteit met God beteken nie dat jy jouself van ander mense moet afsluit nie. Inteendeel, soms beteken dit juis om plek te maak vir hulle. Rustyd is die ideale geleentheid om die lewe saam met die mense wat jy liefhet te vier. Ons is nie gemaak om alleen te lewe nie. Ons het mekaar nodig.


Dink oor die soort mense wat jy in jou lewe wil hê — mense wat jou inspireer om beter te doen, om meer soos Jesus te wees. Jy word direk beïnvloed deur die mense saam met wie jy die meeste tyd deurbring. Help die mense wat jy in jou lewe toegelaat het, jou om te groei? 


Oordink: Reik vandag uit en nooi 'n vriend om bymekaar te kom. Ontmoet in persoon, of maak kontak per video- of stemoproep. Moenie 'n agenda daarstel nie. Daag net op en geniet mekaar se geselskap. Skryf na die tyd enigiets neer wat God vir jou gewys het gedurende die tydjie wat julle saam deurgebring het.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding Rest

Een studie na die ander vertel ons dat rus uiters belangrik is vir ons fisieke, verstandelike en emosionele gesondheid. Rus maak soveel vir God saak dat hy dit selfs een van sy gebooie gemaak het. Ons weet ons moet rus —...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid