Leesplan inligting

Vind RusVoorbeeld

Finding Rest

DAG 3 VAN 5

Vind Jou Plek Om Te Fokus

Herskepping — 'n proses van diepgaande verandering in karakter, toestand of samestelling.


In Romeine 12 moedig Paulus ons aan om toe te laat dat God ons herskep, om sy Gees toe te laat om ons denke te vernuwe. Daardie vernuwing is 'n voortdurende proses, 'n doelbewuste aktiwiteit waartydens ons onsself verwyder van die afleidings en invloede wat ons elke dag omring — net soos wat Jesus dit vir ons uitgebeeld het. 


Dit is belangrik om 'n stil plek te soek waar ons harte en denke gerig kan word op wat God besig is om te doen. Waar fokus jy die beste? Snoesig in 'n hoekie van jou kombuis met 'n koppie koffie? Besig om te draf terwyl jy aanbiddingsmusiek luister? Soek 'n plek wat jou naby aan God laat voel. Maak dan 'n gewoonte daarvan om daagliks na daardie spasie te gaan om jou denke weer op Hom te fokus. 


Oordink: Wanneer jy vandag in jou stil spasie is, neem 5-10 minute om te dink aan dinge wat jou hinder. Dra elkeen waaraan jy dink aan Jesus op in gebed. (Skryf hulle neer as dit help.) 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding Rest

Een studie na die ander vertel ons dat rus uiters belangrik is vir ons fisieke, verstandelike en emosionele gesondheid. Rus maak soveel vir God saak dat hy dit selfs een van sy gebooie gemaak het. Ons weet ons moet rus —...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid