Leesplan inligting

Doen Sake BonatuurlikVoorbeeld

Doing Business Supernaturally

DAG 3 VAN 6

Toe die Hemel die Aarde Binnegekom het



Het jy al gehoor wat in Almolonga, Guatemala gebeur het? 



Ons het gister gepraat oor wat dit beteken wanneer God die hemel deur ons sakeondernemings aarde toe bring. Vandag sal ons sien hoe dit op die grondvlak lyk. 



Almolonga, Guatemala was 'n verskriklike plek. Alkoholisme, die okkulte en heksery was wydverspreid. Mishandeling, moord en ander misdade het hoogty gevier. Hulle vier tronke was oorvol sodat hulle gereeld gevangenes na ander stede moes vervoer. Dit was 'n landboustreek, maar die grond was onproduktief. 



Nadat hy amper vermoor is, was een boer so terneergedruk dat hy gereed was om tou op te gooi. In desperaatheid het hy gekniel en sy plaas, sy lewe en die streek se grond aan God opgedra. Ander boere het by hom aangesluit en hulle het gebid dat God sy seëninge sou uitstort op 'n land wat gelyk het of dit vervloek is. Hulle het gebid dat hul deel van die aarde soos die hemel sou lyk (Matteus 6:10). 



Die Here het hulle gebed verhoor en op 'n dramatiese wyse geantwoord (Eksodus 2:24-25). Die mense van Almolonga het hul afgode verwerp. Hulle het opgehou om kroeë te besoek en die kerk begin bywoon. Baie wat ledig was het hard begin werk. Huwelike is gered en vyande is versoen. 



Oor die daaropvolgende jare het Almolonga se 36 kroeë en kantiene tot drie verminder. Elkeen van die vier tronke in die stad is gesluit en die laaste een is omskep in "Die Eresaal." Die Christelike burgemeester en kerkleiers glo dat 80% van die inwoners volgelinge van Christus geword het. 



Een van die mees dramatiese resultate was op die gebied van landbou. Vir jare was die opbrengste van oeste karig weens die dorre grond en swak werk. Nou lewer die landerye tot drie oeste elke jaar. Almolonga se boere het vroeër elke maand vier vragte gewasse na die markte gestuur. Nou stuur hulle 40 vragmotors per week. Boere betaal kontant vir groot Mercedes-vragmotors en versier dit met Bybelverse en Christelike frases. 



Die gewasse self het ook verander. Groente groei tot dubbel hul normale grootte. Wortels groei dikwels tot die grootte van 'n man se voorarm. Landbounavorsers van die VSA en elders het Almolonga besoek om te probeer vasstel wat die veelvuldige jaarlikse oeste en grootmaat gewasse veroorsaak. Hulle kry egter nie wat hulle verwag het nie. 



God het hulle land genees.



Dink jy die Here gee ook vir jou land om? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Doing Business Supernaturally

Ek het jare lank in 'n leuen geglo. Hierdie leuen is veels te algemeen in Christelike kringe. Ek het geglo in 'n wêrelds-heilige tweeledigheid. Dit het my teruggehou. Sluit by my aan om te verken hoe God ons bonatuurlik ...

More

Baie dankie aan Gateway Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://dbs.godsbetterway.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid