Leesplan inligting

Doen Sake BonatuurlikVoorbeeld

Doing Business Supernaturally

DAG 1 VAN 6

'n Valse Tweeledigheid



Ek het vir die eerste 28 jaar van my Christelike lewe 'n leuen geglo.  



Dit is 'n leuen wat veels te algemeen in Christelike kringe voorkom, en as jy iemand is wat sake doen, raai ek jy het ook al daarmee gesukkel. 



Ek het in 'n wêrelds-heilige tweeledigheid geglo. Dit het veroorsaak dat ek onderpresteer het. Beide in sake en in die kerk. 



Kom ek verduidelik ... 



Ek het in my senior jaar op universiteit 'n volgeling van Christus geword. Op een of ander manier het ek 'n aanname gemaak dat die mees godvrugtige gelowiges ... diegene wat die ernstigste was oor hul geloof ... die beroep van voltydse bediening ingegaan het. Die bekende biografieë, die preke en die kansels is immers gevul met diegene wat “alles vir Jesus prysgegee het”. Nie een van hulle het 'n beroep in sake gekies nie (of so het dit gelyk). 



Ek het dus minderwaardig gevoel. Ek het dit oorweeg om my MBA-studies te laat vaar om Bybelkollege toe te gaan. Ek het gevoel dat as ek in die sake-omgewing bly, ek altyd 'n tweedeklas Christen sou wees. Jou rol in die kerk sou wees om op 'n finansiële komitee te dien of om die offerande bordjie te befonds om hulle wat die regte werk vir God doen, te finansier — diegene in voltydse bediening. 



Ek het nie besef dat ek in voltydse bediening opgeneem is die dag toe ek gered is nie. En jy is ook. 



Ek het ook nie besef dat die doen van sake nie 'n tweedeklas roeping is nie. Dit is net so geldig soos om op 'n preekstoel te staan. 



Geen Tweeledigheid Nie



Daar is geen tweeledigheid tussen heilig en wêrelds nie. Alles is geestelik. God se koninkryk strek oor elke area van die lewe, nie net binne die vier mure van 'n kerkgebou nie. Ons, as sakelui, het dikwels meer effektiewe en breër kontak met die wêreld as wat 'n tipiese pastoor of leraar het. Ons het ook meer geleenthede om God se liefde en krag op onverwagse maniere te betoon. 



Hy het belowe om by ons te wees en dat sy Gees ons in die hele waarheid sal lei. Jou sakeonderneming is nie van hierdie belofte vrygestel nie. Dit is goeie nuus, is dit nie?  



God wag vir ons om sy raad en sy insig te vra sodat ons die hemel se oplossings op aarde kan toepas en sy weë kan leer deur oplossings vir die wêreld se probleme te demonstreer. Die wêreld is gebroke en roep uit om antwoorde (sien Romeine 8:19). Ons het deur die Heilige Gees toegang tot daardie antwoorde. Ons moet verwag om die innoveerders, die skeppers, uitvinders en ontwerpers van oplossings vir die noodkrete van die mensdom te wees. 



Wat Jesus in die genesing van liggame gedemonstreer het, is dieselfde krag wat jou sakeonderneming ... en gemeenskap ... en die volke kan herskep. 



Het jy die wêrelds-heilige tweeledigheid verwerp? Werk jy vandag saam om die hemel aarde toe te bring in jou sake- en lewensfeer? 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Doing Business Supernaturally

Ek het jare lank in 'n leuen geglo. Hierdie leuen is veels te algemeen in Christelike kringe. Ek het geglo in 'n wêrelds-heilige tweeledigheid. Dit het my teruggehou. Sluit by my aan om te verken hoe God ons bonatuurlik ...

More

Baie dankie aan Gateway Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://dbs.godsbetterway.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid