Leesplan inligting

Wat Is die Doop? 'n Gids vir Ouers en PretienersVoorbeeld

What Is Baptism? A Guide for Parents and Preteens

DAG 1 VAN 4

Wie Is Jesus?



Hallo daar! Raaiskoot: jy is óf amper 'n tiener óf 'n ouer van 'n amper-tiener. 'n Verdere raaiskoot is dat jy al van verlossing en/of die doop gehoor het en dat jy vrae het daaroor. Miskien wil jy net 'n bietjie meer weet oor wie Jesus is en wat Hy vir jou lewe beteken. Miskien het jy selfs besluit om Jesus te volg en nou wil jy weet wat die volgende stap is. 



Miskien wil jy meer weet oor die doop en hoekom mense selfs gedoop word. Miskien het jy alreeds besluit om jou by jou kerk te laat doop en nou wil jy net meer weet sodat jy 'n dieper begrip en meer betekenisvolle ervaring kan hê. 



Raai wat? Dit maak nie saak hoekom jy besluit het om hierdie leesplan te volg nie, jy gaan verseker 'n bietjie meer oor Jesus leer, hoe om Hom te volg — dis 'n wonderlike manier om almal te laat weet dat jy besluit het om Jesus te volg! Voordat jy begin met vandag se leeswerk, neem asseblief kennis dat hierdie leesplan die beste werk as jy dit saam met 'n volwassene kan doen wat jy vertrou, sodat jy elke dag se vrae met die persoon kan bespreek. Indien jy nog nie het nie, nooi een van jou ouers, 'n predikant, 'n kleingroepleier, of enige mentor uit om hierdie leesplan saam met jou te doen. 



Jy sal elke dag se vrae met iemand wil bespreek.Jy sal ook graag die video's van die eerste drie dae saam met iemand wil kyk. Jy sal definitief ook saam wil bid, die daaglikse Skrifgedeeltes met iemand wil deel, en met iemand wil praat oor die hele ervaring. Nou goed, klaar met die inleiding. Dit is tyd om te bid en te kyk na vandag se video, vrae, en Skrifgedeeltes. 



Bid Saam



Here, open asseblief ons harte en denke, sodat ons kan verstaan wie Jesus is. Help ons om u groot liefde raak te sien in die offers wat u Seun gebring het om ons te vry te maak van sonde en ons naby aan U te bring. In die Naam van Jesus. Amen.



Kyk Saam Na Hierdie Video




Gesels Saam




  • Wat het jy in die video gesien wat jy nie reeds geweet het nie?

  • Watter vrae het jy oor Jesus?

  • Wat glo jy oor Jesus?

  • Wat dink jy moet mense van Jesus weet?

  • Hoe dink jy het Jesus sy liefde vir ons gewys?


Lees die Bybelverse vir vandag. Praat met iemand oor dit wat die verse vir jou beteken en die vrae wat jy daaroor het. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Is Baptism? A Guide for Parents and Preteens

Kinders, julle kan heerlike gesprekke met julle gesinne voer oor hoe om Jesus te volg en gedoop te word! Hierdie leesplan sluit video's in, asook vrae, wat julle kan help om 'n vrymoedige gesprek met julle gesinne te beg...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid