Leesplan inligting

Om met Hoop te Rou Voorbeeld

Grieving With Hope

DAG 1 VAN 5

Hartseer Verduidelik



Eenvoudig verklaar, is rou 'n hartseer wat ons voel wanneer ons verlies ervaar. Dit is 'n ongewenste beproewing, 'n intense benoudheid en 'n buitengewone smart wat ons verduur wanneer ons verlangens onvervuld bly. 



Omdat rou 'n menslike ervaring is, is niemand daarteen immuun nie. Dit ontsien niemand nie en kan enige tyd toeslaan. Dit is nie iets wat enigeen van ons wil ervaar nie, maar ons almal moet op een of ander stadium in ons lewens daardeur gaan. Ons ervaar hartseer wanneer iemand wat ons liefhet doodgaan, wanneer ons drome nie verwesenlik word nie en wanneer ons van een tydperk na 'n ander in ons lewens beweeg. Dikwels rou ons wanneer ons terugkyk na wat kon gewees het



Ervarings wat ons nooit kon hê nie

Mense wat ons nie kon liefkry nie

Drome wat ons nie kon bereik nie

Niemand wil rou nie, maar almal moet. As ons beter wil voel en weer die lewe wil begin ervaar, natuurlik. As ons dit nié doen nie, sal ons vashaak in dieselfde dag vir die res van ons lewens, hopende en biddende dat dit wat ons verloor het op een of ander manier kan terugkeer. 



Die kortste vers in die hele Bybel is Johannes 11:35 en dit sê eenvoudig: "Jesus het gehuil." Dit is nadat Jesus gehoor het dat sy geliefde vriend, Lasarus, dood is. Het Hy oor die verlies van sy vriend gerou? Het Hy empatie met Maria en Marta, Lasarus se susters, gehad? Ons sal nooit die volle konteks verstaan nie, maar ons kan seker wees dat ons Heer meelewend was en hartseer ervaar het terwyl Hy op aarde gewandel het. Dit lyk asof hierdie drie-woord versie ons toestemming gee om te rou. Ons Heer en Verlosser het gerou, al het Hy die uitkoms van die verhaal geken. 



Oor die volgende vier dae van hierdie leesplan, sal ons leer hoe om te rou en die verskillende soorte verliese wat ons op aarde sal ervaar, op 'n gesonde manier te verwerk. Gedurende hierdie proses, sal ons begin sien hoe ons van binne af gesond word. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Grieving With Hope

Rou is 'n menslike ervaring en niemand is daarteen immuun nie. Ons rou wanneer iemand sterf of 'n droom verpletter word. Dit kan ons enige tyd tref en gebeur ook dikwels wanneer ons dit glad nie verwag nie. Ons gaan prob...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid