Leesplan inligting

Glo God Is Goed — OngeagVoorbeeld

Believing God Is Good No Matter What

DAG 4 VAN 5

In Goedheid Geanker



Jy het dit seker al voorheen gehoor: Die lewe is moeilik, maar God is goed. Hierdie stelling is nie net 'n cliché nie: dit is 'n kragtige en soliede teologiese waarheid. Sommige baie slim mense het al met hierdie vraag geworstel: “As God goed is, hoekom gebeur hierdie? Waarom word ongeregtigheid toegelaat en hoekom is die lewe so moeilik?” Daardie baie slim mense het tot die gevolgtrekking gekom dat die lewe moeilik is EN dat God goed is. Die een kanselleer nie die ander een uit nie. Hulle noem dit “teodisee (die lydingsvraagtuk)" (regverdiging van God in die lig van lyding en swaarkry).



Die meeste mense veronderstel dat God nie goed is nie, omdat die lewe moeilik is — dit is egter nie die geval nie. Dit is nie 'n geval van die een of die ander nie. 'n Klompie jare gelede het ek besluit, dat alhoewel ek nie die "hoekom" gedeelte van die stelling (“As God goed is, hoekom ____?”) kon beantwoord nie, ek die "as" sou uitlaat. Met ander woorde, ek het gekies om te glo dat God goed is ... wat ook al gebeur.



Jy kan ook 'n anker in God se goedheid vind.



Wees op die uitkyk vir God se goedheid, ten spyte van die omstandighede. Miskien word 'n deur van een geleentheid toegemaak, maar God het iets beter in gedagte. Jy moet dalk deur 'n ander deur gaan om dit in die hande te kry. Dit het al so baie kere in my eie lewe gebeur, dat ek dit deesdae verwag. As dinge nie verloop soos wat ek dit wil hê nie, herinner ek myself aan God se goedheid en begin dan uitkyk vir die volgende geleentheid wat God se uiteindelike plan sal openbaar.



Om in God se goedheid geanker te wees, is nie altyd 'n rasionele ding nie. Dit is 'n hardkoppige, onverbiddelike vasberadenheid om nie toe te laat dat die lewe se probleme God se grootheid verkleineer nie.



Dink hieroor: Watter maniere is daar waarop jy jouself kan herinner om op die uitkyk te wees vir God se goedheid, ten spyte van die omstandighede?



BID: Dankie Vader God, dat U my help om in u goedheid geanker te wees. Gee my vandag die krag om op te hou wonder en om in elke situasie te begin soek vir u guns. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Believing God Is Good No Matter What

Daar is deesdae verskeie boodskappe binne en buite die kerk wat die ware boodskap van God se guns versuur. Die werklikheid is dat God nie verplig is om goeie dinge aan ons te gee nie, maar Hy wil graag! Die volgende vyf ...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah Uitgewersgroep wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.goodthingsbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid