Leesplan inligting

Glo God Is Goed — OngeagVoorbeeld

Believing God Is Good No Matter What

DAG 1 VAN 5

Daar Is Geen Goedheid Buiten God Nie.


Sommige mense veronderstel dat God die meeste van die tyd kwaad is en dat sy guns net 'n oomblik hou, maar die Bybel sê dat juis die teenoorgestelde waar is! Jy is altyd sy oogappel, al voel jy of jy 'n vrot appel is.



God bly nie vashaak by die slegte dinge wat jy gedoen of gesê het nie. Hy mag wel vir die oomblik kwaad of teleurgesteld wees, maar Hy broei nie daaroor nie. Het jy? Jy hoef nie bekommerd te wees dat jy nie meer guns by God het omdat jy 'n fout gemaak het nie.



God se goedheid en guns hou nooit op nie. Sy guns is altyd om ons, op ons en by ons; God se guns is vir ewig!



Eintlik bestaan guns nie buite God se sfeer nie; dit het nie vanself ontstaan — apart of weg — van Hom nie. Dit is definitief nie iets wat ontstaan het by mense nie. (Moet jy jou kinders leer om stout of soet te wees?).



God is die oorsprong van alle goedheid en alle goeie dinge. Sommige mense skei God nog steeds van goeie dinge. Dit kan veroorsaak dat die mensdom nie die nodigheid sien om God te dank, te eer en te aanbid nie.



Hierdie studie gaan daaroor om 'n reis te begin sodat jy bewus kan word van die oënskynlik onsienbare goedheid van God en hoe sy guns in jou daaglikse lewe manifesteer. Vir die volgende vyf dae sal jy jou lewe deur die lens van God se guns sien.



Dink hieroor: Wat is sommige van die goeie dinge in jou lewe wat jy maklik miskyk?



BID: Dankie Vader, dat U in my lewe teenwoordig is. Help my om my oë oop te hou en te sien dat U die oorsprong van alle goeie dinge is en dat U elke dag guns aan my bewys. In die Naam van Jesus. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Believing God Is Good No Matter What

Daar is deesdae verskeie boodskappe binne en buite die kerk wat die ware boodskap van God se guns versuur. Die werklikheid is dat God nie verplig is om goeie dinge aan ons te gee nie, maar Hy wil graag! Die volgende vyf ...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah Uitgewersgroep wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.goodthingsbook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid