Leesplan inligting

Van Vryheid en VergifnisVoorbeeld

Of Freedom and Forgiveness

DAG 5 VAN 5

Saulus ontmoet Jesus, Deel 2


Hierdie is deel twee van ons oordenking oor die verhaal hoe die apostel Paulus Jesus ontmoet het.


Hersien wat in Handelinge 9:1-9 gebeur het. Lees dan Handelinge 9:13-14.


Wat is Ananias se beswaar teen die Here se opdrag om Saulus te gaan besoek? Het jy al ooit gevoel God wil hê jy moet met iemand praat oor 'n persoonlike verhouding met Jesus, maar dan het soortgelyke gedagtes by jou opgekom? Wat sou gebeur het as Ananias geweier het om met Saulus te gaan praat? Paulus het dalk nooit 'n Christen geword nie! Wat sê die Here vir Ananias in vers 11, is 'n bewys dat Saulus se hart gereed is om na hom te luister? Paulus het intens gebid — hy het tot God geroep om genade en vergifnis. Philip Yancey het eenkeer gesê: “Mense erken nie geredelik desperaatheid nie. Wanneer hulle dit wel doen, kom die koninkryk van die hemele naby.” God het Saulus verneder sodat hy sou besef hoe desperaat hy God nodig het.


Vraag: Kan jy 'n tyd onthou toe God jou verneder het om jou naby Hom te bring?


Hoe sou jy die verandering beskryf wat in Saulus se lewe plaasgevind het? Dit was 'n 180 grade omkeer! 'n Volledige omwenteling! ’n Radikale verandering! Dit is Paulus se beskrywing van wat met hom gebeur het — en met ons wat in Christus glo. Nie baie mense het 'n dramatiese "Damaskuspad-ervaring" soos Saulus nie, maar almal van ons behoort te kan sê: "Ek is nie dieselfde persoon wat ek was voordat ek Jesus Christus leer ken het nie." Kan jy dit sê?


Oordenkingstyd:


1. Waar is jy nou in jou verhouding met Christus?


2. Wat lei die Here ons om te doen om na ander met die liefde van Christus uit te reik?


3. Wat het hierdie week gebeur terwyl jy na ander uitgereik het om die liefde van Christus met hulle te deel?


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Of Freedom and Forgiveness

Vergifnis is 'n proses. Dit neem tyd, is duur en moeilik. Dit is die herstel van verhoudings deur 'n pynlike verlede met 'n gesindheid van liefde vry te maak. Niks verbind ons só volslae met die verlede as ons onwillighe...

More

Ons bedank graag mnr. Boris Joaquin, President en Hooftoerustingsbeampte van Breakthrough Leadership Management Consultancy. Hy is 'n meester-afrigter en top-gegradeerde spreker vir leierskap programme en ander sagte vaardighede in die Filippyne. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.theprojectpurpose.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid