Leesplan inligting

Van Vryheid en VergifnisVoorbeeld

Of Freedom and Forgiveness

DAG 1 VAN 5

Die Waarheid en die Krag


Die Waarheid van God bevry ons van misleiding.


Toe die Jode na Jesus se onderrig kom luister en sien wat Hy doen, het hulle gesê: “Wat gaan hier aan? Dit is 'n nuwe leer, en dit kom met gesag!" (Markus 1:27).


Kyk in hierdie eerste hoofstuk van Markus na die waarheid en krag van die koninkryk van God. Ervaar jy die volle impak van die koninkryk van God in jou lewe? Dit is die "nuwe leer" waarna die Jode verwys het. Die koninkryk van God het na die aarde gekom — die Seun van God het gekom om die koninkryk in te lei. Het jy geestelike oë om te sien dat die koninkryk gekom het?


Vier waarhede van die koninkryk van God: (v. 9-13)


1. God probeer Homself aan jou openbaar – stem uit die hemel (v. 10-11). Hoe “praat” God vandag met ons?


2. God het al jou sondes op Hom geneem — Johannes se doop was 'n doop van bekering van sonde. Jesus het jou sonde bely! Watter sonde het jy hierdie week gepleeg wat Hy daardie dag by die Jordaanrivier bely het? (v. 5, 9)


3. God smag daarna om 'n liefdevolle verhouding met jou te hê — Die Vader se verhouding met sy "geliefde Seun" (v. 11) is die soort verhouding wat Hy met jou wil hê. Hy het jou net so lief as wat Hy vir Jesus liefhet! (Johannes 17:23)


4. God kan jou in staat stel om oorwinning oor versoeking te hê – Jesus se oorwinning oor die Satan se versoekings is die bewys dat Hy jou in staat kan stel om dieselfde te doen. (Sien Matteus 4:1-11; Hebreërs 2:18)


Vraag: Watter een van hierdie vier waarhede is vir jou die moeilikste om te glo?


 


Drie vereistes van die koninkryk van God:


1. Bekeer jou (v. 15) Erken jy het gesondig; keer weg van jou sonde na God toe “... hoe julle van die afgode af weggedraai het na God toe om die lewende en ware God te dien” (1 Tessalonisense 1:9 NLV). Wat is jou "afgod"?


2. Glo die goeie nuus (v. 15) Jesus is ter wille van jou deur die hel om jou in 'n liefdevolle verhouding met die Vader te bring


3. Gehoorsaam (v. 16-20) Simon, Andreas, Jakobus en Johannes was gehoorsaam. Is jy gehoorsaam aan wat God vir jou gesê het om te doen?


Vraag: Dink aan 'n tyd toe jy hierdie drie vereistes nagevolg het: bekering, geloof en gehoorsaamheid. Wat was die resultate in jou lewe? Die krag van God bevry ons van die Satan en siekte


1. Vryheid van demoniese beheer (v. 21-26, 34) — demone het Jesus gehoorsaam


2. Siekte genees (v. 29-34, 40-45) — Jesus het mense genees toe hulle gevra het. Die koninkryk van God het die Satan se heerskappy van duisternis, siekte en misleiding verpletter. Jesus het gekom as HERE!


Vraag: Ervaar jy die volle impak van die koninkryk van God? Indien nie, hoekom? (Kyk weer na die "waarhede" en "vereistes" hierbo.) "Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid" (v. 35).


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Of Freedom and Forgiveness

Vergifnis is 'n proses. Dit neem tyd, is duur en moeilik. Dit is die herstel van verhoudings deur 'n pynlike verlede met 'n gesindheid van liefde vry te maak. Niks verbind ons só volslae met die verlede as ons onwillighe...

More

Ons bedank graag mnr. Boris Joaquin, President en Hooftoerustingsbeampte van Breakthrough Leadership Management Consultancy. Hy is 'n meester-afrigter en top-gegradeerde spreker vir leierskap programme en ander sagte vaardighede in die Filippyne. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.theprojectpurpose.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid