Leesplan inligting

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie Voorbeeld

Hope During A Global Pandemic

DAG 5 VAN 5

WAT IS ONS REAKSIE TEENOOR MENSE TE MIDDE HIERVAN?



In moeilike tye is ons geneig om selfsugtig te wees, maar in plaas daarvan word ons beveel om dieselfde gesindheid en opofferende, onbaatsugtige liefde uit te leef wat Jesus aan ons bewys het in sy gehoorsaamheid aan die Vader.



In die oorspronklike taal beveel hierdie Skrifgedeelte dat liefde nie geveinsd of aangeplak moet wees nie, maar wel opreg. Ons word beveel om mekaar opreg lief te hê!



Liefde teenoor ander kom dikwels teen 'n prys. Net soos Jesus ons teen 'n baie groot prys liefgehad het, moet ons mekaar liefhê selfs al is dit opofferend. Deur dit te doen, wys ons die liefde wat in ons leef.



Daar is altyd oorgenoeg behoefte en geleentheid om goed te doen. Wat ons saai sal ons maai. Ons moet net gretig en gereed wees om goed te doen!



Die allerbeste wat ons vir enigiemand kan doen, is om die waarheid met hulle te deel dat Jesus ons van binne af herskep het. Dit is nie 'n bevel vir supersterre nie, maar vir almal. Mense het Jesus nodig en Jesus wil meer volgelinge hê! Ons moet sy woorde hoor, sy stem gehoorsaam en dit met ander deel.



Daaglikse Ontdekkingsvrae:



  1. Wat leer dit ons oor God?

  2. Wat leer dit ons oor onsself en ander mense?

  3. Hoe help dit my met 'n beter begrip hoe om op die Coronavirus te reageer?

  4. Hoe gaan jy vandag hierdie Skrifgedeelte persoonlik gehoorsaam?

  5. Met wie kan jy hierdie verse vandag deel?

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hope During A Global Pandemic

Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is ...

More

Baie dankie aan Zúme wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://zume.training/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid