Leesplan inligting

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie Voorbeeld

Hope During A Global Pandemic

DAG 4 VAN 5

WAT IS ONS REAKSIE TEENOOR GOD TE MIDDE HIERVAN?



Soos 'n liefdevolle herder sorg God vir ons asof ons skape is. Hy weet wat en wanneer ons iets nodig het. Hy weet waarheen ons moet gaan. Selfs wanneer gevaar ons omring, verdedig Hy ons. Gaan ons skape wees wat wil probeer weghardloop of gaan ons sy liefdevolle leiding volg?



Te midde van groot onrus, vertrou ons op God dat Hy sal doen wat reg is. Of ons lewe of sterwe, Hy is betroubaar.



Omdat ons baie graag veilig wil wees, mag ons dink die belangrikste ding in die lewe is sekuriteit, maar hierdie Psalm wys vir ons dat daar veel groter dinge is. Mag God vir ons die grootste seëninge in die lewe wys en ware, bonatuurlike vreugde openbaar.



In hierdie lewe sal julle angs en bekommernis hê. Om die emosie van angstigheid te ervaar is nie noodwendig verkeerd nie, maar as jy nie weet wat om daarmee te doen wanneer jy dit ervaar nie, kan dit verlammend wees. God maak dit baie duidelik wat ons met al ons bekommernisse moet doen.



Daaglikse Ontdekkingsvrae:



  1. Wat leer dit ons oor God?

  2. Wat leer dit ons oor onsself en ander mense?

  3. Hoe help dit my met 'n beter begrip hoe om op die Coronavirus te reageer?

  4. Hoe gaan jy vandag hierdie Skrifgedeelte persoonlik gehoorsaam?

  5. Met wie kan jy hierdie verse vandag deel?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hope During A Global Pandemic

Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is ...

More

Baie dankie aan Zúme wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://zume.training/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid