Leesplan inligting

Ek is BemoedigendVoorbeeld

I'm Encouraging

DAG 3 VAN 4

Bemoedig Ander Geestelik


Openbare sprekers word opgelei hoe om 'n stelling te maak en dit met behulp van 'n beeld te illustreer. Vandag kry jy die beeld uit Spreuke 27:17 en die stelling uit Romeine 1:8-17. Paulus se liefde vir die kerk in Rome het hom gevul met 'n verlange om saam met hulle te wees, nie vir kletspraatjies en om nuus uit te ruil nie, maar om saam te wees sodat hulle mekaar geestelik kon versterk en bemoedig, soos een stuk yster 'n ander slyp.


Ons mense is ongelukkig baie vergeetagtig. Ons is geneig om die eer van God se seëninge aan onsself toe te eien. Wanneer ons mekaar geestelik bemoedig, word ons herinner aan wie die Bron van ons seëninge is. Wanneer ons daaraan herinner word dat ons nie ons eie voorsieners en beskermers is nie, skep ons moed en kry hoop om die stryde van buite en die vrese van binne in die gesig te staar.


Byvoorbeeld, in plaas daarvan om net te sê: “Ek is so jammer dat jy ly. Ek kan my dit nie eens indink nie.” Probeer ook om saam met hulle te bid: “Vader, sal U kom met u tydige hulp? Ek bid dat U met bemoediging en vertroosting sal voorsien ver bo wat hulle kan vra of dink.”


Probeer dit: Wees vandag 'n geestelike speurder. Gee noukeurig aandag aan hoe God werk, of hoe Hy in omstandighede kan werk. Werk dan saam met Hom om ander geestelik te bemoedig.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

I'm Encouraging

Om ander te bemoedig, is meer as om net 'n rasieleier te wees. Laat hierdie 4-dag leesplan van Life.Church jou help om die skoonheid en krag van bemoediging te ontdek. Begin lees uit deel drie van die reeks "Bly Positief...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid