Leesplan inligting

Ek is BemoedigendVoorbeeld

I'm Encouraging

DAG 1 VAN 4

Wind In Jou Seile



Was jy al ooit gestrand in 'n see van ontmoediging met geen skynbare wind in jou seile nie? Indien wel, verskil jy nie veel van twee van die grootste helde in die Bybel nie. In Psalm 51:12, vra koning Dawid vir God vir 'n vars wind in sy seile. Net so maak die lewe se eindelose stortvloed van onbeskoftheid, teleurstellings, verleenthede en uitputting ons vertroud met die gevegte van buite en vrees van binne soos Paulus dit in 2 Korintiërs 7:5 beskryf. Net soos ons met hulle ontmoediging kan identifiseer, kan ons ook met hulle bemoediging identifiseer. Ons dien dieselfde God wat steeds uitreik om ons op te hef.



Bemoediging en om bystand te verleen, is nie net iets wat God doen nie; dit is wie Hy is. Wanneer ons ander bemoedig, word ons deel van God se aard. Dit is een van die mees geestelike dinge wat ons kan doen! God se Seun, Jesus, het sy hele lewe gegee net om ons op te hef. Toe het Jesus self, die Heilige Gees, ons Parakleet wat bystand verleen, ons Trooster, Helper, Voorspraak genoem. Soos God en Jesus, moedig die Heilige Gees ons nie net aan nie, Hy ís die Bemoediger. Wanneer ons woorde ander bemoedig, is ons woorde met die Heilige Gees vervul. Wanneer ons optrede ander bemoedig, handel ons soos Jesus. Wanneer ons gawes iemand bemoedig, gee ons soos God gee.



Oor die volgende vier dae, sal ons ontdek hoe om ander daagliks te bemoedig, hoe om ander geestelik te bemoedig, en hoe om onsself te bemoedig. Ons sal leer dat bemoediging verder gaan as om net gaaf te wees en ander te vlei. Ons sal ontdek dat ware bemoediging ander help om vorentoe te beweeg deur hulle harte met God se moed en hoop te vul. Wanneer ons ander bemoedig, gee ons aan hulle geskenke uit die hemel. Hoe klink dit vir 'n bietjie wind in die seile?



Probeer dit: Bemoedig 'n vriend deur hom of haar uit te nooi om saam met jou deur hierdie leesplan te werk.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

I'm Encouraging

Om ander te bemoedig, is meer as om net 'n rasieleier te wees. Laat hierdie 4-dag leesplan van Life.Church jou help om die skoonheid en krag van bemoediging te ontdek. Begin lees uit deel drie van die reeks "Bly Positief...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid