Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Na EgskeidingVoorbeeld

Living Changed: After Divorce

DAG 2 VAN 7

Identiteit 



Een van die lewe se grootste vrae is: “Wie is ek?” Sommige mense bring hulle hele lewe deur op soek na die antwoord, probeer om hulself te vind in hul stokperdjies, loopbane of in die menings van ander. As ons na die Bybel kyk, besef ons die antwoord is eenvoudig. Ons is kinders van God. 



Wanneer ons gewortel bly in ons identiteit as 'n kind van God, hoef ons nie te soek na bevestiging in wat ons doen of wat ander van ons dink nie. Ons hoef nie so hard daarna te streef om liefde te vind nie, want saam met Jesus het ons dit reeds in oorvloed. Wanneer ons hierdie waarheid uit die oog verloor, verval ons lewens in verwarring en wanorde.



Vir die grootste deel van my lewe het ek die goedkeuring gesoek van die mans wat my omring het. Ek wou hê my pa moet my aanbid. Ek wou hê my base moes deur my beïndruk word. Ek wou bitter graag geliefd wees deur elke seun op wie ek ooit verlief was. Ek wou gesien word, geliefd wees en my "Vir Ewig Gelukkig Wees" vind. 



My behoefte aan bekragtiging en aanbidding het my in die huwelik gevolg. Ek was gek daaroor om iemand se vrou te wees, maar ek het voortdurend onseker gevoel. Ek het altyd probeer om op my beste te lyk, die huis netjies te hou en elke weeksaand uithaler aandetes te kook terwyl ek meer as 40 uur per week gewerk het. Ek was heeltemal behep daarmee om altyd die regte ding te doen. Om sy vrou te wees was so 'n kerndeel van wie ek gedink het ek is, dat toe dit verdwyn, ek verlore gevoel het. 



Omdat ek daardie gat met 'n nuwe identiteit wou vul, het ek besluit om op 'n reis van selfontdekking te gaan. Ek het allerhande nuwe dinge probeer soos om seekat te eet, my eerste 5K te hardloop en te "zipline" om my hoogtevrees te trotseer. Maar die beste nuwe ding wat ek gedoen het was om in 'n intiemer verhouding met Jesus te belê. Ek het meer die Bybel gelees, in die kerk gedien, en tyd gemaak om net in sy teenwoordigheid te sit. Toe ek dit gedoen het, het ek uiteindelik besef wie ek is. Ek is 'n kind van God wat innig geliefd is. Ek het nooit 'n ridder in blink wapenrusting nodig gehad om sy onsterflike liefde vir my te verklaar nie. Jesus het Homself reeds aan die kruis opgeoffer sodat ek kan lewe. Praat van "Vir Ewig Gelukkig"!



God het jou lief met dieselfde onfeilbare liefde. Laat dit insink. Hy sal jou nooit in die steek laat nie, en jou nooit verlaat nie. Hy sal nooit ophou om jou lief te hê nie, nooit belangeloos raak nie en nooit iemand anders bo jou kies nie. Hy sal altyd sag, en liefdevol langs jou wees en jou voortdurend daaraan herinner dat jy Syne is — en dat Hy genoeg is. Om te weet wie jy in Christus is, sal jou krag gee om jouself te wees, vrede deur die storms en hoop vir die toekoms. 



Vader, dankie vir u onmeetlike liefde vir my. Dankie dat U my so lief het dat ek nie op die verkeerde plekke na liefde hoef te soek nie maar veilig kan wees in wie U sê ek is. Vergewe my vir die kere wat ek probeer het om die leë spasies in my lewe met enigiets behalwe U te vul. Help my om te onthou dat ek U s'n is en ek nie daarna hoef te streef om iets anders te wees nie. Dankie vir u beloftes dat U my nooit sal verlaat nie en dat U alles vir my beswil laat uitwerk. Ek vertrou U, Jesus. Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: After Divorce

Egskeiding bedroef die hart van God. Hy haat dit om ons in pyn te sien en waar ons vas hou aan skuld, skaamte en vrees. Ten spyte van ons foute, verlang Hy daarna dat ons sy genade moet aanvaar en weet dat ons gewaardeer...

More

Ons wil graag Changed Women's Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.changedokc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid