Leesplan inligting

Hou Van JesusVoorbeeld

Liking Jesus

DAG 7 VAN 7

Het jy al van "FOMO" gehoor? Dit is 'n ware emosie. Trouens, FOMO — "Fear Of Missing Out", #fomo — is onlangs by die jongste uitgawe van 'n gewilde Engelse woordeboek gevoeg. Daar is 'n hele geslag mense wat gedurig bekommerd is dat hulle iets kan misloop. Die toeganklikheid wat tegnologie en sosiale media aan hulle bied, laat hulle die hele tyd onder druk voel om aanlyn verbind te wees.


Vra jouself egter af: gaan dit aan die einde van jou lewe regtig saak maak hoeveel "Hou van's" jy gekry het? Glo jy eerlik dat jy eendag op jou sterfbed gaan lê en wens jy kan nog 'n laaste snaakse katvideo plaas?


Waarvoor jy regtig bang moet wees, is om nie die persoon oorkant jou mis te kyk nie. Wanneer jy aan jou foon of tablet vasgenael bly, loop jy baie dinge mis. Jy mis dalk uit op jou kinders se grootword. Jy mis dalk daarop uit om 'n intieme huwelik te geniet. Jy mis dalk uit op diep, betekenisvolle vriendskappe. Jou vrees dat jy iets gaan misloop, kan veroorsaak dat jy die belangrikste gaan verbeur!


Die lewe gaan nie oor hoeveel "Hou van's" jy gekry het nie. Dit gaan alles oor hoeveel liefde jy betoon het. Die enigste manier hoe mense sal weet dat jy 'n volgeling van Jesus is, is deur die liefde wat jy aan ander mense bewys.


Hulle sal nie weet dat jy sy dissipel is deur die hoeveelheid volgelinge wat jy het nie. Hulle sal nie weet dat jy sy dissipel is oor die baie "Hou van's" wat jy kry nie.


Hulle sal nie weet dat jy sy dissipel is omdat jy vinnig jy op e-posse reageer nie.


Glo dit of nie, hulle sal nie eens weet dat jy sy dissipel is deur die hoeveelheid Bybelverse wat jy plaas nie!


Nee, hulle sal net weet dat jy sy dissipel is wanneer hulle kan sien hoe jy jou liefde uitleef. Wanneer jy by die lewens van ander mense betrokke raak, wanneer jy vir hulle omgee net waar hulle is, wanneer jy jou hart oopmaak en saam met hulle lewe — dit is wanneer hulle iets in jou sal sien wat hulle regtig wil hê.


Ander sal jou nie aan jou "Hou van's" ken nie.


Hulle sal jou aan Jesus se liefde ken.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Liking Jesus

Die gemiddelde persoon bestee 7,4 uur per dag deur na skerms te staar. Ons is lief vir die ongelooflike voordele van tegnologie, maar baie van ons vermoed daar is negatiewe gevolge aan die gebruik daarvan. As jy voel jou...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid