Leesplan inligting

Hou Van JesusVoorbeeld

Liking Jesus

DAG 1 VAN 7

 


Dit lyk asof almal saamstem dat die lewe besiger, maller en meer dol word met elke dag wat verbygaan. Ons word gebombardeer met meer inligting as wat ons kan verwerk — nuus, advertensies, reklames, "blogs", "twiets", musiek, foto's en meer advertensies. Nog maller is dat ons meer toestelle, programme en toepassings as ooit tevore het om die lewe makliker te maak.


Ongetwyfeld help hierdie nuwe innovasies om ons lewens beter te maak. Ons kan regoor die wêreld 'n teks aan goeie vriende stuur en hulle laat weet ons bid vir hulle. Ons kan foto's van ons dogter se verjaardagpartytjie met familie duisende kilometers ver deel. Ons kan ons beleggings nagaan, 'n pizza bestel, of 'n hotel by die strand bespreek. En tog, met al die voordele, skep hierdie geriewe waarsonder ons nie kan lewe nie, baie onvoorsiene probleme.


Ons is mal oor tegnologie en alles wat dit bied. Maar ons haat dit ook. Ons haat ons afhanklikheid daarvan en hoe dit veroorsaak dat ons uit balans raak met wat vir ons die belangrikste is.


Alhoewel baie faktore bydra tot hoekom ons dit haat, is ek oortuig dat dit meestal is omdat sosiale media alles oor ons maak. Ons word ingetrek om ons lewens te meet aan wie ons volg en hoeveel aanlyn vriende ons het. Ons wil glo ons is meer as die totale aantal klikke op ons laaste plasing, maar ons kyk steeds om te sien hoeveel ons het.


Vreemd genoeg, hoe meer ons op onsself fokus, hoe minder voel ons tevrede. En hoe meer ons vasgevang word deur die dinge van hierdie aarde, hoe meer voel ons leeg aan die binnekant.


Die rede is eenvoudig. Ons is geskep vir meer — baie meer. Ons is nie vir die aarde geskep nie — maar vir die ewigheid. Ons is nie geskep om van gehou te word nie, maar om liefde te wys. Ons is nie geskep om die aandag op onsself te vestig nie, maar om eer aan God te gee. Ons is nie geskep om volgelinge te versamel nie, maar om Christus te volg.


Sosiale media en tegnologie is wonderlik. Maar dit is tyd om eerlik te wees oor ons gespartel. En om beheer te neem oor die wonderlike toerusting wat tegnologie aan ons bied.


Dit is tyd om tegnologie terug in sy plek te plaas.


Dit is tyd om God met ons hele hart lief te hê.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Liking Jesus

Die gemiddelde persoon bestee 7,4 uur per dag deur na skerms te staar. Ons is lief vir die ongelooflike voordele van tegnologie, maar baie van ons vermoed daar is negatiewe gevolge aan die gebruik daarvan. As jy voel jou...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid