Leesplan inligting

Leef Vry van Wellus – 'n 7-Dag ReisVoorbeeld

Living Lust Free – A 7 Day Journey

DAG 2 VAN 7

 Beveg wellus met die Skrif



Wanneer jy die Skrif glo, het wellus geen krag daarteen nie. Die Skrif doen aan wellus wat kryptoniet aan Superman doen. Dit verswak die greep van wellus op jou gemoed en kan dit vinnig uit jou hart laat vlug. Onthou, wellus is jou vlees. Die Woord van God kan jou vleeslike luste verwyder en jou terselfdertyd genees — soos niks anders op hierdie planeet nie!



Vir die Skrif om die doel waarvoor dit ontwerp is te bereik, moet jy glo. Gebruik 'n konkordansie om Bybelverse te vind waarin die woorde: "wellus", "begeerte", "owerspel" en "vlees" voorkom. Stoor Skrifgedeeltes wat daardie woorde bevat in jou arsenaal. Jy sal dit dalk ook nuttig vind om Skrifgedeeltes oor liefde, heiligheid, heiligmaking of ander positiewe woorde by jou arsenaal te voeg om jou 'n hupstoot te gee om hierdie stryd te stry.



Sodra jy 'n Skrifgedeelte gevind het wat vir jou werk, is daar verskeie beginsels wat jy kan gebruik om dit op jou lewe toe te pas. 



1. Lees dit daagliks. 



2. Plaas dit op jou foon of gebruik dit as 'n skermbewaarder. 



3. Memoriseer dit. Laastens, bid daaroor tot God.



Bly by watter beginsel jy ook al kies om met die Skrifgedeeltes te gebruik. Laat die waarheid daarvan in jou hart waar word. Wanneer jy en die Skrifgedeeltes op dieselfde manier glo, begin jy die denke van Christus te openbaar. Die Skrif kan 'n baie kragtige en voortdurend toenemende hulpmiddel wees om 'n wellusvrye lewenstyl aan te moedig.



Stap na Vryheid



1. Wat dink jy daarvan om die Skrif te gebruik in jou stryd om wellusvry te wees?



2. Hoe het jy in die verlede die Skrif in 'n jou stryde gebruik?



3. Watter spesifieke Skrifgedeeltes het jy gekies wat jou sal help om 'n wellusvrye leefstyl te handhaaf?



4. Hoe sal jy die Skrif oor die volgende dertig dae gebruik om wellusvry te word? (Daar word gesê dat dit 30 dae neem om 'n nuwe gewoonte aan in te leer.)


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living Lust Free – A 7 Day Journey

As Christene is dit ons eersgeboortereg om vry van wellus te leef. Die sekulêre wêreld waarin ons leef, roep ons om ons daagliks aan wellus te vergryp. God roep ons egter om 'n lewe van seksuele integriteit te lei – vry ...

More

Ons wil graag vir dr. Doug Weiss bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.drdougweiss.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid