Leesplan inligting

Ek is OptimistiesVoorbeeld

I'm Optimistic

DAG 4 VAN 4

NIE ENIGIETS NIE



Rede een tot ses maak dit duidelik dat God se planne goeie nuus (evangelie) vir ons lewens is. Nie net vir nou nie, maar tot in ewigheid. Wat as iets my van sy planne losgemaak het? Deur Paulus antwoord God in Romeine 8:28 en 8:35-39.




  1. God laat alles in my lewe ten goede meewerk.

    Jy het vir Paulus gehoor. "Maar wat van die een keer toe ek _____?" Alles. “Of, wat van toe daardie persoon ______?” Alles. Vir hulle wat Hom liefhet: alles. Sê dit hardop, “AL-LES”. Beteken dit dat God al hierdie dinge met my laat gebeur het? Nee. Beteken dit dat Hy alles weer reg sal laat uitwerk? Ja.

  2. Niks kan my skei van die liefde van God nie.

    As jy dit moeilik vind om dit te glo, moet jy Romeine 8:38-39 omtrent nog agt keer lees. Die lys van dinge wat jou nooit van God se liefde kan skei nie, is redelik kragtig, maar om veilig te wees, eindig Paulus met “of enigiets anders in die skepping nie”. Waarom is ons optimisties oor hierdie lewe en die volgende? Omdat niks ons van die liefde van God kan skei nie, die liefde wat daar in Christus Jesus ons Here (die evangelie) is. Wat kan? Nie enigiets nie!


 


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I'm Optimistic

Optimisme hang nie af van wat ons sien nie — dit spruit voort uit wat God sê. Hierdie 4-dag Bybelleesplan van Life.Church ontrafel agt redes uit Romeine 8 om onwrikbaar optimisties te bly. Begin om deel een van die sesde...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid