Leesplan inligting

Ek is OptimistiesVoorbeeld

I'm Optimistic

DAG 1 VAN 4

WANT, EVANGELIE



Skole misluk, voedsel word aangepas, gletsers smelt, tieners deesdae, kerke sterf … jy het dit alles al gehoor. Miskien het jy selfs alles al gesê. Hoe dit ook al sy, dit is slegte nuus. Sonder om enige van hierdie werklike gesprekke te ondermyn, kan 'n volgeling van Christus met vrymoedigheid sê: "Ek is optimisties". Hoekom? Omdat ons nie optimisties is op grond van wat ons oë sien nie. Ons is optimisties op grond van wat ons God sê. Wat sê ons God? Ons hoef nie te raai nie. Sy woorde is vir ons neergeskryf.



Die apostel Paulus het Romeine omstreeks 56 n.C. geskryf as 'n voorsmakie van sy komende besoek aan die Romeinse kerk. Romeinse Christene was beide heidene wat nuut in die geloof was, en Jode wat hulle van die Judaïsme bekeer het. Albei groepe het onrus tussen hulle nuwe geloof en die Joodse wette beleef. Oor die komende vier dae sal ons agt redes uit Romeine 8 aanhaal om onwrikbaar optimisties te bly.



In Romeine 1:1 beskryf Paulus homself as "afgesonder vir die evangelie ..." Paulus se inleiding dien ook as 'n doelstelling vir die hele boek Romeine. Trouens, die onderwerp van Romeine — die evangelie — is waarom ons altyd kan sê: “Ek is optimisties”. Die definisie daarvan, van die oorspronklike Grieks tot die ou Afrikaans, tot in jou eie woordeskat, is “Goeie Nuus”. Die evangelie was goeie nuus vir 'n nuwe Christen wat duisende jare gelede in onrus gelewe het, en dit is steeds vandag vir jou goeie nuus. Waarom is ons dus altyd optimisties, ongeag die nuus hooftrekke? Want, die evangelie.



Bid: Vader, maak my hart oop vir u evangelie. Laat my huidige perspektief u ewige werk weerspieël.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

I'm Optimistic

Optimisme hang nie af van wat ons sien nie — dit spruit voort uit wat God sê. Hierdie 4-dag Bybelleesplan van Life.Church ontrafel agt redes uit Romeine 8 om onwrikbaar optimisties te bly. Begin om deel een van die sesde...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid