Leesplan inligting

Om 'n Maria-hart in 'n Marta-Wêreld te HêVoorbeeld

Having A Mary Heart In A Martha World

DAG 1 VAN 5

Probeer om Dit Alles te Doen



Het jy al ooit probeer om dit alles te doen? Ek het, ek doen, en sal waarskynlik altyd. Dis nie net in my natuur nie; dit is ook in my posbeskrywing — en joune ook. Om 'n vrou te wees verg meer stamina, meer kreatiwiteit en meer wysheid as wat ek ooit as 'n jong meisie gedroom het. En dit is nie net vir vandag se besige vroue 'n werklikheid nie. Dit was nog altyd die geval, soos ons in die verhaal van Maria en Marta sien. 



Trouens, miskien beskryf geen Skrifgedeelte die konflik wat ons as vroue voel beter as die een wat ons in Lukas 10:38–42 vind nie. Ons het almal die stryd gevoel. Ons wil soos Maria aanbid, maar die Marta binne ons speel baas.



Neem 'n oomblik om die gedeelte van Lukas nou te lees …



Te midde van jou eie bedrywighede, diep in jou innerlike is daar 'n honger, 'n roeping, om God te ken en lief te hê. Om Jesus Christus en die gemeenskap van die Gees waarlik te ken. Jy soek nie meer wysheid nie — dit is hart-tot-hart-intimiteit waarna jy smag. 



Tog hou 'n deel van jou terug. Uitgeput wonder jy hoe om die krag of tyd te vind. Om jou geestelike lewe te koester, lyk na nog een plig — nog iets om tot 'n lewe wat oorloop met verantwoordelikhede by te voeg. 



Dit is amper asof jy op die onderste trap van 'n leer staan wat tot in die hemel strek. Gretig maar verskrik noem jy die sporte met geestelike dinge wat jy weet jy moet doen: Bybel bestudeer, bid, gemeenskap ... 



“Hy is iewers daar bo,” sê jy en swaai effens terwyl jy boontoe kyk, onseker hoe om te begin en of jy selfs die lang, duiselige klim wil aanpak. Om niks te doen nie, beteken dat jy sal mis wat jou hart reeds weet: Daar is meer aan hierdie Christelike wandel as wat jy ervaar het. 



“Maria het gekies wat beter is?” Te midde van my eie warrel van bedrywighede sê ek vir God. "Bedoel U ek moet meer doen?" 



Nee, nee, kom die antwoord na my moeë hart. Jesus se woorde in Lukas 10 is ongelooflik bevrydend vir diegene van ons op die prestasie-trapmeul van die lewe. 



Dit is nie “meer” wat Hy van ons vereis nie. Trouens, dit mag minder wees. 



Wat is sommige van die "geestelike" dinge wat jy doen wat meer soos take voel as maniere om in intimiteit met God te groei? Hoekom dink jy reageer jy so daarop?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Having A Mary Heart In A Martha World

Dikwels voel ons asof ons nie genoeg doen nie. Dan voel ons skuldig omdat ons veronderstel is om ook stiltetyd met God te hê — wanneer ons dinge stadiger probeer doen, is ons harte en gedagtes steeds besig. Die verhaal v...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/187666/having-a-mary-heart-in-a-martha-world-by-joanna-weaver/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid