Leesplan inligting

KrygsmanVoorbeeld

Warrior

DAG 3 VAN 6

Die Krygsman se Genesing



Toe ek na my ma se begrafnis, haar persoonlike Bybel ontvang het, kry ek 'n kleurmerker ingehaak waar sy laas gelees het. Ek het dit oopgemaak en Jesus se woorde in Matteus 10:38 gelees:



“Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.”



Nadat ek my ma op die ouderdom van 16 jaar verloor het, het die rouproses 'n kruis geword om te dra, maar dit was nie wat ek verwag het nie.



In teenstelling met my verwagting, was daar nooit 'n uitbarsting van trane, uitroepe teen God of ander vertoon van wanhoop nie. Inteendeel, ek het vir byna alles gevoel verloor. Dit het my bang gemaak.



Het ek dan nie omgegee nie? Het ek my ma werklik liefgehad of haar gemis? Wat was verkeerd met my?



Ek het probeer aanvaar dat wonde en hartseer nie vir almal eenders kan wees. Ek het egter begin wonder of ek van alles leeg was, selfs van God. 



Dit is goed dat God ons grootste swakhede tot sy grootste krag gebruik. Om een of ander rede, het ek in hierdie wanhopige tye, al hoe meer die hart van God begin sien.



Gedurende ons kinderjare het my ma se gesondheid, besoeke aan spesialiste en haar fisiese agteruitgang, jaar na jaar toegeneem. Daar was baie aande wat ons in die wagkamers van die intensiewe sorgeenhede deurgebring het, huiswerk gedoen en gebid het dat iets sal verander. Ek het gesien hoe sy hierdie siekte in veelvuldige stadiums, fases van lewe en weergawes van haarself beveg het. My ma het met 'n verstommende Christelike krag geveg—die stille soort soos aan die kruis, waarna die apostel Petrus verwys.



As ek terugkyk, het die stil, volhardende krag wat sy aan die dag gelê het, my gehelp om te sien dat die liefde van Christus nie luid is nie, maar altyd met geweldige moed gevul is.



Ek kan nog 'n volle dag skryf oor die krag waarvan ek geleer het deur te kyk hoe my pa genees. Ek het eerstehands my pa se begeerte gesien om vir ons te voorsien, te midde van sy seerkry. Dit het my aan ons hemelse Vader herinner. Ek het ook geleer dat die sterkste mans huil, maar ons hoef dit nie alleen te doen nie. By my pa en my broer het ek geleer in wonde is daar ook geleenthede om God te sien.  



Wonde is vir almal anders, maar dit is nie bedoel om wonde te bly nie. Soos 'n gebreekte been, wil God hê dat jy moet genees, sterker as tevore. God staan ​​gereed om jou in jou swakste oomblik met sy grootste krag te ontmoet. Hy is 'n Krygsman, Hy is vir jou gewond en Hy veg saam met jou.



Bid: God, sal U my enige wonde wys wat ek weggesteek het? Sal U my help om te genees en my wys dat U saam met my veg? Dankie dat U so 'n liefdevolle Vader is. Amen. 



-Lukas, vegtend vir genesing 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Warrior

Daar is iemand sterk, wild en vol moed in jou binneste wat gereed is om op te staan en te veg vir wat saak maak. Hierdie Life.Church Bybel Leesplan, sluit Pastoor Craig Groeschel se reeks Warrior, in, wat jou roep om jou...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid