Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 7 VAN 7

Leer Ken die Goeie Herder



"Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My" (Johannes 10:14).



Ek wil jou graag twee vrae vra om oor na te dink.



Hoe voel dit wanneer jy tyd met jou hemelse Vader deurbring?

Hoe voel dit om met Hom te praat?



Neem 'n oomblik om hierdie ondervindings te probeer beskryf.



Ek verwys hier na die onderwerp van gebed. Ek dink die meeste mense wroeg met die woord "gebed". Ons oor-vergeestelik dit. God weet ons is net mense, nogtans probeer ons Hom op een of ander manier beïndruk deur "goeie" gebede. Dan word ons aandag afgelei en gee ons moed op tot die volgende keer wanneer ons weer "probeer". Deur dit te doen, mis ons die hele punt waaroor gebed gaan en bedoel is om te wees!



Gebed is maar net hoe ons met God kontak maak. Dis hoe ons met Hom vereenselwig. En hoe wil God hê dat ons na Hom in gebed kom? Sy grootste begeerte is dat ons Hom sal liefhê met hart en siel, met al jou krag, soos wat ons in Deuteronomium 6:5 lees, nie waar nie?



Om mee te begin, wil Hy hê dat ons Hom geniet — op Hom fokus en nie op jou "gebed" nie.



Ons moet altyd na Hom toe kom net soos ons is. Ons moet ons desperate, onwaardige, nogtans-ten-volle-geliefde-self aan ons almagtige, alles onderhoudende, glorieryke-nogtans-deernisvolle Vader gee. Wanneer ons dit doen, vind ons die beker wat oorloop van sy krag, herstel, wysheid, vrede, geregtigheid en vreugde. In sy teenwoordigheid is daar oorvloedige lewe. Hy is die Lewende Water en die Brood van die Lewe.



Wanneer ons bid, moet ons nie net praat nie, maar ook luister. Luister na sy stem en volg sy goeie paaie. Kom met gejubel, kom kinderlik, kom afgemat, kom met twyfel of vrees. Kom na Hom in die vallei van doodskaduwee. Trek nader aan Hom en luister na sy trooswoorde van lewe en hoop.



So moet ons gedurig na Hom toe kom — in die alledaagse en in elke ander omstandigheid. As ons dit doen, leer ons die Herder ken, werklik ken.



Vir my voel my stiltetyd soos om met my heel beste vriende, rustig 'n koppie koffie te drink. Dis wonderlik. Dis goed, nѐ? Paul E. Miller skryf só in sy boek A Praying Life: "Jy kan God nie terloops leer ken nie. Jy skep nie intimiteit nie, jy maak plek daarvoor."



Ek bid dat hierdie laaste sewe dae jou 'n dieper begrip gegee het van wat dit behels om na God te luister. Dit is nie so ingewikkeld as wat ons dink nie. Dis so eenvoudig soos om ons ore te sluit vir die leuen, ons harte oop te maak, stil te word en toe te laat dat ons goeie Herder met ons kommunikeer.



Ek bid dat jy 'n dieper begrip het, dat om na God te luister altyd daaroor gaan om ons goeie Herder beter te leer ken.



Praat met die Vader: Vandag gaan ek U met my hele hart, siel en krag soek. Ek sal nou begin om met my ware self na U ware self te kom. Ek wil U elke dag beter leer ken en al hoe meer na U luister.



Vandag se voorstel vir 'n aanbiddingslied: "Touch the Sky" deur Hillsong United.



Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Amy Groeschel het hierdie 7-dag leesplan geskryf, met die hoop dat mense dit as 'n boodskap uit die liefdevolle hart van die Vader self sal ervaar. Haar gebed is dat dit jou sal leer om die gedruis om jou af te skakel en...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid