Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 4 VAN 7

Mislei deur Begeerte


Sonde het met die volgende leuens begin: God is nie goed nie, 'n mens kan Hom nie vertrou nie, Hy gee ons nie alles wat Hy kan nie. Hierdie misleiding is vandag nog ter sprake. Asof dit nie erg genoeg is nie, neig ons menslike natuur, net soos Eva s'n, om saam te stem met hierdie leuens! Die Satan gebruik hierdie misleiding om ons van God te skei.


Eva het die vrug gesien en gedink dit lyk regtig goed en aanloklik. Sy is ook verlei deur die idee dat sy beter insig, kennis en dalk krag sou ontvang. Jy sal soos God wees. Sy was 'n gewillige slagoffer!


En jy? Hoeveel keer is jy al verlei deur dinge wat jy gesien en begeer het, of weens jou gebrek aan insig? Ek wil jou nie deur dié vraag mismoedig laat nie, maar vriend, ek wil jou waarsku, dit hoef nie so te wees nie!


As ons so leef dat ons God se stem kan hoor, kan ons sy instruksies volg en Hom erken. Gee eer aan Hom, dank Hom en prys Hom vir elke oomblik, omdat Hy by jou is! Hierdie heilige verbintenis beteken dat ons in elke situasie ons vertroue in Hom plaas en ons ore en oë sluit vir alles wat ons harte en gedagtes wil mislei.


Hierdie wêreld is nie my tuiste nie en ook nie joune nie! 'n Nuwe hemel en aarde wag vir hulle wie geduldig en gedurig op die Verlosser vertrou. Ons hoef nie elke gier na te volg nie. Ons hoef nie bekommerd te wees dat ons iets sal mis nie, want ons weet dat 'n ewige beloning vir ons wag. Ons weet dat ons God 'n goeie God is! Hy is ons alles, die Alvoorsiene Een, ons Voleinder!


Vra die Vader: Is daar enigiets wat ek moet doen of weet sodat my hartsverlange altyd na U sal wees?


Vandag se voorstel vir 'n aanbiddingslied: “Clear the Stage” deur Jimmy Needham.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Amy Groeschel het hierdie 7-dag leesplan geskryf, met die hoop dat mense dit as 'n boodskap uit die liefdevolle hart van die Vader self sal ervaar. Haar gebed is dat dit jou sal leer om die gedruis om jou af te skakel en...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid