Leesplan inligting

Soos ’n veldbom deur Struik Christian MediaVoorbeeld

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

DAG 3 VAN 5

Sy toekomsvisie vir jou 


Dit moet darem lekker wees om nie beperk te wees deur tyd nie. Om te weet in wie jy jou tyd en liefde kan belê, wie jou liefde gaan kies. Die Here het daardie voordeel. Hy kan bekostig om te kyk na jou lewe, selfs terwyl jy nog ’n sondaar is, en dinge in plek te sit wat jou hart elke keer nog ’n bietjie verander, op pad na sy ewige perspektief.


Hy kan bekostig dat die gevolge van jou sondige besluite jou eers rondgooi, sodat jy uiteindelik sy waarheid sal herken en sy liefde as ware liefde. Selfs al is jy nog sy vyand, ken Hy die toekoms wat julle saam gaan bou. Hy ken jou bekeringsdatum. Hy weet waarmee jy gaan sukkel en selfs die goeie goed wat uit jou verkeerde keuses gaan spruit. Hy ken jou talente en wat Hy daarmee kan verrig. 


Jy word 100% geken (sien Psalm 139:1–3) en jy is 100% geliefd, selfs al is jy nog nie naasteby perfek nie. Alles net omdat sy liefde geduldig kan wag vir jou hele hartswerk om hier op aarde voltooi te word. Dit laat ’n mens veilig en geliefd voel, nè.


As daar een ding is wat ons as Christene baie keer onderkry, is dit ons gewoonte om te fokus op ons foute en tekortkominge. Ons bly terugkyk en onsself in die voet skiet oor die dinge wat ons aangevang het.


Jy is vry, want jy is nie die ou jy met net ’n nuwe lappie bo-oor nie; jy is van binne-af nuutgemaak. Nie net dit nie, God se genade is, volgens Prediker, elke môre splinternuut. Dit is hoekom sonde jou laat sleg voel, want die Heilige Gees binne jou soek dit nie. En natuurlik sal die duiwel jou weer versoek met dit wat laas gewerk het. Dit beteken nie dit is wie jy is nie, dit beteken dat hy weer probeer. Moenie sy leuen glo nie. Jy is kosbaar en splinternuut.


Gebed


Here, dit is so gerusstellend om te weet dat U alles weet, maar U nogtans tot my en my reis hier op aarde verbind. Ek vertrou u proses heeltemal. Amen.


Die Here se alwetendheid en soewereiniteit werk 100% saam, en ons moet berus dat dit ver bo ons begrip is.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

Hierdie dagstukkies sal vroue aanmoedig om hul identiteit en waarde in Christus te verstaan en te ontdek, en sal hulle help om die struikelblokke in hul pad wat hulle terughou, te oorkom. Elke dag se oordenking bevat ook...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.struikchristianmedia.co.za/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid