Leesplan inligting

Soos ’n veldbom deur Struik Christian MediaVoorbeeld

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

DAG 2 VAN 5

Geen skeiding van Hom


Ons lewe in ’n wêreld waar niemand meer iets regmaak nie. Dis duurder om ’n stukkende artikel reg te maak as om dit te vervang. Daarom gooi ons dit sommer weg. Die artikel hoef nie eens regtig stukkend te wees nie, net minder mooi of oud, en dit word vervang. Dinge het eenvoudig hul waarde verloor.


Wanneer die Here dus ’n belofte maak, verstaan ons dit amper nie. Maar die Here is gister, vandag en môre dieselfde (sien Hebreërs 13:8), en as Hy Hom aan jou verbind, is dit vir ewig. Hy het ook die voordeel dat Hy weet waarheen Hy met jou op pad is en dat Hy nie van die begin af volmaaktheid verwag nie. Hy geniet elke stukkie vordering wat jy maak, elke deurbraak, en is geduldig met elke terugslag, want Hy weet die werk wat Hy in jou begin het, sal Hy self tot voleinding bring.


As jy dus gewonder het of jy kosbaar is, dan is die Here se verbintenis aan jou deur dik en dun ’n duidelike aanduiding van hoe ernstig Hy oor jou is. Vir Hom is die lewenslange proses die moeite werd.


Geen bose agenda sal sy wil vir jou lewe stuit nie – nie nou nie, en nie in die toekoms nie. Die Here maak die stelling wat elke kind wil hoor: Jy is kosbaar in My oë, jy is vir My belangrik. Geen Christen kan kla dat die Here een van daardie ouers is wat nie vir jou sê en wys dat Hy lief is vir jou nie.


Gebed


Here, daar is soveel vrede in die wete dat u verbintenis aan my onbreekbaar is. U is so ’n getroue, genadige God. Amen.


Die Here sal nooit laat los nie en daarom sal jy ook nie los nie. Ons is vir ewig saam in hierdie stryd.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

Hierdie dagstukkies sal vroue aanmoedig om hul identiteit en waarde in Christus te verstaan en te ontdek, en sal hulle help om die struikelblokke in hul pad wat hulle terughou, te oorkom. Elke dag se oordenking bevat ook...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.struikchristianmedia.co.za/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid